Kyk ook: |
Prof Piet Strauss het die afgelope tyd die volgende gesê:
Hy dink daar kan binne die soorte van plant, dier en mens evolusionêre verandering plaasvind. “Daar is egter geen bewese sprake van ‘spontane’ oorgange tussen die soorte soos konsekwente evolusioniste beweer nie.” Strauss het aangevoer dat dooie fossiele dit nie kan bewys nie. Hy het konsekwente evolusie bestempel as “’n (by-)geloof met bewerings wat nie behoorlik gestaaf kan word nie”. Sy voorouers was nie ape nie, het hy gesê.
Prof Jurie van den Heever het onder meer gesê dis gewoon dom om van spontane oorgange tussen spesies te praat, want die oorgange is nie spontaan nie. Oorsaak en gevolg is aan die orde van die dag. Om te sê fossiele kan evolusie nie bewys nie, is volgens Van den Heever om in die induktiewe wetenskaplike metodes van die 17de eeu vasgevang te wees. “Om al die empiriese bewyse te ignoreer en evolusie as bygeloof te bestempel, toon duidelik dat Piet Strauss óf nie lees nie óf geen kritiese oordeelsvermoë het wanneer dit by voor die handliggende feite kom nie.” Strauss se stelling dat sy voorouers nie ape was nie, is volgens hom doodgewoon belaglik. “Wetenskaplikes het al by herhaling daarop gewys dat ons nie van ape afstam nie, maar dat ons en die ape minder as 10 miljoen jaar gelede ’n gemeenskaplike voorvader gehad het.” Van den Heever meen enigeen wat vandag nog uitsprake soos Strauss s’n oor evolusie maak, verstaan geen snars daarvan nie.
Kyk:
- Herrie oor NG moderator se evolusie-mening (Beeld, 27 Jul 2010)
- NG hoë se siening van evolusie
- Evolusie: ‘Ek het nie dié emosie verwag’
Hoe reg is prof Piet Strauss? Daar is niks fout met wat hy gesê het nie. Kyk:
- Kerkleier neem standpunt in teen evolusie! (CMI se INFObytes)
- Speciation Questions and Answers
- Natural Selection Questions and Answers
- Mutations Questions and Answers
- Genetics Questions and Answers
Briewe ter ondersteuning van Strauss:
- Aanhang van evolusie is om te weier om te luister wat Bybel sê
- Prof. Strauss moet dr. Van den Heever vra
- Evolusie-aanhangers, beantwoord dié vrae
- Diegene wat in evolusie glo, is dalk self ape
- Ook waar dat ‘homo sapiens’ baie ape het
- Hoekom jou oor die begin bekommer as die einde so naby is?
- Ek skrik nie meer vir wetenskap van evolusie
Briewe teen Strauss:
- Wil prof gevaar vermy, juis opvallend wees?
- NG Kerk bestaan skisofrenies weens dié denke oor evolusie
- Is jou sewe dae en God s’n dan dieselfde?
- Evolusie: Wie pleeg nou eintlik bedrog?
- Debat oor evolusie en die skepping begin nou regtig afgesaag raak
- Bybel sê nie hoe, net wie (Adrio König se siening)
Kyk ook na verwante besprekings onder “Debatte en Kommentare”.