Postmodernisme: impak op denke in die NG Kerk

Kyk ook:

Iets oor die outeur van die dokument:

Die skrywer van hierdie meningstuk, Pieter Cloete, is ’n sosioloog, konsultant, dosent en skrywer. Nadat hy as tiener tot geloofsekerheid gekom het, het hy sy roeping uitgeleef deur betrokkenheid by sendingonderwys, bestuur van ’n sendinghospitaal, as dosent, navorser, doen van ontwikkelingswerk en as skrywer. Hy was in diens van ondermeer die NG Kerk, universiteite, regerings, staatsdepertemente, NROs en geloofsgebaseerde organisasies.

***********

Postmodernisme: impak op denke in die NG Kerk

’n Bron afkomstig uit die NG Kerk[1] erken dat benaderings ontleen uit die wetenskap en postmoderne denke ’n betekenisvolle invloed uitoefen op die denke oor die gesag van die Bybel. Hiervolgens word die Bybelboeke as die resultaat van mensewerk gesien – dus die nou reeds bekende “mensewoorde oor God” en dat ons God uit hierdie mensewoorde hoor. Die geloofsinsigte, ervaringe en interpretasies van mense word die erfenis wat van die een geslag na die ander oorgelewer is en word die norm vir die verstaan van die Bybel.  Skrifbeskouing bly dus voorlopig en word van tyd tot tyd aangepas met die lig wat beskikbaar is. Die werk van die teologiese fakulteite word erken as die grondslag waarop daar voortgebou word.

Die kernprobleem wat ek sien, is die lens waardeur daar na die Bybel gekyk word. (Daar behoort eerder deur die lens van die Skrif na die wetenskap gekyk word en nie andersom nie.) Die huidige benadering oor Skrifgesag is oop vir die aanwending van ’n verskeidenheid twyfelagtige teoretiese insigte van sekulêr-akademiese oorsprong.

Ons kan in hierdie verband leer uit die ervaring van ander. Ek haal aan uit verslagdoening  oor die onlangse Social Justice & the Gospel Conference van Sovereign Nations in die VSA oor sosiale geregtigheid[2]:

“While the most influential French postmodernists, (Jacques) Derrida and (Michel) Foucault, will not be immediately familiar to many citizens of western culture, their collective concepts have wreaked havoc amongst the socio-political and educational landscape in North America over the past decade.

Intersectionality as a social concept has revolutionized the entire victimhood culture across the political and educational spectrum. As our secular educational institutions have become battlegrounds to “tear down the patriarchy” and to “root out white privilege,” this same battle has emerged within the most conservative of strongholds of the Christian church catching many congregants and seminarians unaware.

Postmodern thought has now made inroads into what until very recently, were conservative, Biblical Christian circles, all with the smiling face of “social justice.” The rapidity with which these deadly ideas have spread from the culture at large into churches and Christian organizations is truly shocking – all with an ever-present progressive political undertone that has become noticeable as the movement has gained steam.”

Ek verwys ook na die strategie van Antonio Gramsci, ’n Marxistiese filosoof en kommunistiese aktivis[3]:

“Gramsci declared that to capture the Christian West one needed to “Marxise the inner man to alter the Christian mind – to turn it into its opposite in all its details – so that it would become not merely a non-Christian mind, but an anti-Christian mind….. This meant getting individuals to think about life’s problems without reference to Christianity and the Laws of God. Gramsci advocated a quiet revolution: ‘Everything must be done in the name of man’s dignity and rights, and in the name of his autonomy and freedom from outside restraint. From the claims and restraints of Christianity above all’.”

Postmodernisme (as die norm vir verstaan) het uiteraard twyfelagtige oorspronge.  As intellektuele raamwerk verwerp dit die moontlikheid van betroubare kennis. Dit skakel met kritiese teorie wat tans ’n dominante rol speel in die sosiale wetenskap, antropologie, linguïsgtiek en gender studies (om ’n paar te noem).

Hoe raak dit ons en veral ons kerke?

Terwyl baie van ons teoloë selektief  en dikwels onbewus idees van die invloedrykste Franse postmoderniste, Derrida en Foucault gebruik, konformeer hul ook binne die klimaat van hul intellektuale  herkoms want dis wat hul geleer is. Miskien het hul nog nie die konsepte van hul voorkeurinterpratasies ondersoek nie, al saai dit verwoesting in die sosiopolitieke en intellektuele landskap, universiteite, maar ook die kerk. Dit het stelselmatig ook gevestig geraak binne die teologie, soos dit, trouens, erken word[4]:

“dit (is) duidelik dat die teologiese denke oor die Bybel telkens beïnvloed word deur wat op terrein van die natuurwetenskappe en geesteswetenskappe gebeur. Herformulerings oor die aard van die Skrifgesag en die oorsprong van die Bybel is telkens deur hierdie ontwikkelings genoodsaak, want ons leef in en praat oor dieselfde wêreld.”

Vanuit hierdie denkpatroon sypel dit geleidelik deur na ons kerke en gemeentes onder die invloed van teologiese fakulteite, sinodale prosesse en besluite, en deur predikante wat oor die laaste jare by die drie fakulteite hul skoling ontvang het. Die probleem ontstaan wanneer mens deur die lens van ’n postmoderne epistemologie die Bybel interpreter.

Teen die agtergrond van dié voorkeurskrifbeskouing en verstaan van ons sosiale orde, het twyfelagtige interpretasies ’n tuiste in ons teologie en breër kerk ingeneem. Die denke word gedryf deur neoMarxistiese agendas van ondermeer gay aktivisme, en feminisme.  Die feminis Kimberlé Crenshaw gebruik  bv interseksionaliteitsteorie om verdrukking en ongelykheid oor verskillende veranderlikes, insluitend klas, geslag, ras, etnisiteit en ouderdom te verduidelik. Dié uitgangspunte van die teorie word onkrities aanvaar, of stilswyend gelyk gegee. Die kategorie (veral ras en geslag) waarin die teorie jou kollektief indeel, bepaal jou verdrukking. Feite en bewyslas raak irrelevant. Die groepe waarin ons ingedeel word, bepaal wie ons is – ook identiteitspolitiek genoem. Dit reduseer indiwiduele gedrag, persepsies en houdings tot aannames oor die groep waarby hul ingedeel word.

Versoening

Die neoMarxistiese verstaan van die samelewing, soos kritiese rasteorieë van Fanon en ander, blom in ons huidige sosio-politieke en intellektuele klimaat en vind neerslag in teologiese diskoers.  Wat hierdie teorieë deel, is die sogenaamde “valse bewussyn” wat aanspreek moet word deur die aanvaarding van kollektiewe bevoorregting as oorsaak vir alle onreg en ongelykheid. Dit is hoe die begrip “versoening” verstaan word. Vandaar die oproepe vir nogmaals en voortdurende skulbelydenis vir apartheid en restitusie, soos bv by die onlangse Wes-Kaap sinode deur ’n groep van ongeveer 25 jong predikante[5]. Dit kontrasteer met ’n polities korrekte stilswye van die Kerk oor die nuwe vorme van onreg, dubbele standaarde in die regspraak, diskriminasie, gebrek aan aanspreeklikheid van die regering vir huidige wanbestuur en korrupsie en wat dit aan mense insluitende eie lidmate, doen. Die fokus op die apartheidsera skakel werklike insig oor wat tans in ons land aan die gebeur is, uit.

Rassisme, witheid, onreg en restitusie

Die gemak waarmee rassisme gekoppel word aan “witheid” (whiteness) met aannames oor inherente houdings, gedrag en selfbeeld na bewering kollektief net by witmense, is skokkend, maar polities en in sekere akademiese omgewings korrek. Die bevordering van hierdie interpretasie kom bv van ons universiteite, polititci en selfs ander meningsvormende instansies, en vloei oor na die kerk. Die ideologiese oorspronge van hierdie interpretasies word na verwys as kulturele Marxisme wat as strategie die meningsvormende agente inspan ter bereiking van politieke doelstellings.

Dosente en studente by Stellenbosch Universiteit word bv voorgesê word hoe hulle moet dink. ’n Handleiding afkomstig uit die Transformasiekantoor “Siyakhula Students -Talking transformation: a quick reference guide.” Dit is volledig gebaseer op kritiese rasteorie vanuit ’n neoMarxistiese raamwerk[6].  Ek beveel aan dat lesers van hierdie meningstuk die handleiding oopmaak, nagaan en dan in aanmerking neem dat dit onder die toesig van die Viserektor Transformasie, onder wie se toesig die transformasiekantoor funksioneer, die lig gesien het.

Hiermee saam word onreg / skuld as kollektief (gewoonlik deur wittes in die apartheidsera) gesien met gevolglike aandrang op kategoriese restitusie. Sosiale geregtigheid word vanuit dieselfde ideologiese agtergrond geassosieer met ongelykheid. Komende uit die klassieke klasseteorie van Marx word standverskille, soos in alle samelewings, as onreg geïnterpreter. Dit, terwyl sistemiese onreg, soos dit mense in die huidige SA werklik raak, hoofsaaklik deur wanbestuur, korrupsie en onbekwaamheid, ens. steeds op slegs die verlede (blameer alles op apartheid) reflekteer.

Selfdegeslagverhoudings

Daar is volgens die aangehaalde Skrifgebruik en Skrifbeskouing in die NG Kerk [7], ’n duidelike lyn van afwysing van sg. fundamentalisme en die gepaardgaande a-historiese, letterlike lees van die Bybel. Juis daarom volstaan die NG Kerk in sy besinning oor selfdegeslagverhoudings nie met ? beweerde “tydlose” aanhaling van sewe tekste oor homoseksualiteit nie.

Die NG Kerk neem deur sy leierskap en sinodes standpunt in oor selfdegeslagverhoudings ondanks alle besware. Getuienis wat omkeerbaarheid van oriëntasie bevestig, word geïgnorer of ontken, terwyl daar ’n groeiende getal voorbeelde is waar dit, ondermeer deur begeleiding, moontlik raak[8].  Trouens, die wat nie met die afdwing van vrysinninge sinodebesluite kan saamleef nie, word verantwoordelik gehou vir moontlike skeuring.

Die saamgroepering van alle mense met homoseksuele oriëntasie is ’n verdere voorbeeld van kategorisme. Daar is duidelik diversiteit by homoseksueles terwyl die aktiviste wat die saak binne en buite die kerk dryf, geen ruimte laat vir gays wat nie met hul aktivisme saamstem nie. André Bekker is ’n voormalige homosksueel wat nou betrokke is by ’n bediening aan homoseksueles[9]. Hy verwys na ernstige diskriminasie.[10]

Ek is nie bewus van enige poging van die kerk om voormalige en huidige homoseksueles  te begelei of om kennis te neem van die stryd van voormalige homoseksueles nie. Die onhoudbare standpunt word gehandhaaf dat daar geen afwyking of selfs problematiek in homoseksualisme is wat aandag regverdig nie. Die woord “sonde” is bv totaal ontoelaatbaar. Die Bybelse besware van lidmate en baie predikante word gewoon as liefdeloos en fundamentalisties afgemaak terwyl ’n wêreldwye LGBTQ+++ beweging en sy agendas ondersteun word.

Gevolgtrekking

Soos erken, word die teologiese denke oor die Bybel telkens beïnvloed deur wat op terrein van die natuurwetenskappe en geesteswetenskappe gebeur en dat herformulerings daarom as nodig beskou word oor die aard van die Skrifgesag. Wat gebeur, is dat die wetenskap en uiteenlopende ideologieë spreekwoordelik die lens is waardeur die Bybel gelees, verstaan, en gelowiges mislei word. Uit hierdie uitgangspunt word die verstaan van die Bybel en van die wêreld waarin ons lewe voortdurend aangepas en beleef ons die verval op verskeie vlakke in ons kerk en samelewing.

Hierteenoor lees ons in 2 Kor 10: 4-5 dat die wapens van ons stryd nie die wapens van die mens nie is nie, “maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak”

Die wetenskap en elke faset van menslike lewe en die skepping hoort onder die gesag van die Skrif. Die wetenskap met sy filosofiese aannames behoort daarom deur die Christengelowige eerder deur die lens van die Skrif ondersoek word, as andersom.

Pieter Cloete

11 November 2019

Voetnotas

[1] Outeur onbekend. Gereformeerde Skrifgebruik & Skrifbeskouing: Skrifgebruik en Skrifbeskouing in die NG Kerk

[2] Social justice gospel conference all sessions (30 January 2019)

[3] Marxism-101

[4] Op cit

[5]  Dra wesenlik by tot restitusie, vra NGK-ds (12 Mei 2019)

[6] drive.google.com/file/…

[7] Op cit

[8] learntolove.co.za/testimonies

[9] learntolove.co.za

[10] Discrimination against former homosexuals rife in SA, says André Bekker

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui