Kyk ook:
Die volgende is ‘n lys van probleme vir evolusie.
Mutasies bring nie nuwe inligting
Natuurlike seleksie verminder genetiese inligting
Kyk Sekelselanemie.
Genetiese entropie
Sou evolusie verantwoordelik wees vir die diverse lewe op aarde, moet genetiese inligting in lewende wesens vandag nog toeneem. Dit is egter nie wat gebeur nie. Alle wetenskaplikes is dit eens dat ons genetika verswak. Dit word genetiese entropie genoem.
Te min tyd
Selfs al sou daar voorbeelde wees van mutasies wat genetiese inligting vermeerder, sou daar volgens evolusietydlyne hopeloos te min tyd wees om al die diversiteit van lewe op aarde te verklaar. Kyk Haldane se dilemma.
Simmetrie
Indien evolusie ‘n ewekansige proses is, hoekom is feitlik alle lewende organismes simmetries? Kyk Simmetrie in diere bewys teen ewekansige evolusie.
Onvereenvoudigbare kompleksiteit
Kyk Onvereenvoudigbare kompleksiteit.
Tussenskakels
Indien evolusie werklik gebeur het, moes daar miljoene tussenskakels in die fossielrekord wees en selfs in lewende dinge vandag. Al die tussenskakels wat voorgehou word staan egter op baie losse skroewe. Kyk Aanhalings – Vermiste skakels.
Oorblyfselorgane
Indien evolusie waar was, sou daar baie oorblyfselorgane in lewende organismes wees. Dit is organe wat nog nie volledig ge-evolueer het nie, of organe wat nie meer ‘n nut het nie. Kyk Swak ontwerp/oorblyfselorgane (“Vestigial organs”).
Wat evolusioniste self erken
Kyk:
- Aanhalings – Evolusie ’n geloof/Wetenskap nie objektief
- Aanhalings – Evolusie dra nie by tot wetenskap
Misleiding
Daar is heelwat voorbeelde waar evolusioniste doelbewus mislei (het). Dit sê tog iets van die motiewe van evolusioniste. As evolusie so ‘n voldwonge feit is, hoekom is dit nodig om te mislei?
- Lewende fossiele
- Piltdown-man
- Archaeoraptor: National Geographic dryf ’n evolusionêre agenda
- Aanhalings – Evolusie verkeerd/mislei
Verdere bronne
- 40 failed predictions of Evolution (Creation.com)
- Evolution vs. God – Ray Comfort (2013)