(1)Van Dawid. ’n Psalm. Die Here[1] het vir my heer die koning[2] gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”
Hierdie vers is baie duidelik ’n profesie na Jesus, wat uit Dawid se nageslag gebore sou word en wat aan God die Vader se regterhand sit.
[1] Die eerste “Die Here” verwys na God die Vader.
[2] Die tweede “my heer die koning” verwys na Jesus wat aan die regterhand van God sit. Dit is ook ’n voorspelling dat Jesus uit die nageslag van Dawid gebore sou word.
In die Nuwe Testament word daar ’n paar keer na Psalm 110 verwys wat bevestig dat hierdie ’n profesie is wat verwys na Jesus:
- Jesus antwoord die Fariseërs en skrifgeleerdes: Mat 22:41-46, Mark 12:35-37, Luk 20:41-44
- Jesus antwoord die hoëpriester: Mat 26:63-64, Mark 14:61-62,
- Petrus se toespaak: Hand 2:32-36
- Paulus oor die heerskappy van Jesus: 1 Korintiërs 15:25
- Paulus bevestig dat Psalm 110 verwys na Jesus: Hebreërs 1:13
- Paulus oor die heerskappy van Jesus: Hebreërs 10:13