Raklewe van die NG algemene sinode is verby

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Raklewe van die NG algemene sinode is verby | Netwerk24

Ds. Rheinier Nel, Bethulie

26 April 2025

Pres. Donald Trump se sistematiese uitwissing van die “far left liberal ideology­” gaan die NG Kerk (NGK) se algemene sinode se einde verhaas.

Dit gaan die NGK se dekades lange onderlinge twiste en verdeeldheid oor DEI (diversiteit, gelykheid en inklusiwiteit) binne die “ruim huis” vinniger beëindig as wat verwag word.

Trump se bevele wat die DEI-ideologie aan bande lê, gaan evangeliese kerke in ’n minder of meerdere mate terugplaas­ op ’n Bybelse trajek.

Die tyd vir herbesinning het aangebreek vir die algemene sinode se DEI-aktiviste. Die NGK van Namibië se uitstap uit die sinode is die “prelude van die swanesang” van die sinode.

Die keuse vir die DEI-aktiviste is: Verlaat die NGK-speelveld of gaan onder saam met die algemene sinode.

Kommentaar

Daniel Louw

xx

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui