Kyk ook:
Onderhoud met dr. Anton Knoetze op RSG, Maandag 9 September 2024
Behoudende gemeentes van die NG Kerk, bekend as die Kaïros-netwerk, het verlede week hulle tweede Koinonia-sinode in Vanderbijlpark, suid van Johannesburg, gehou. Daar was sowat 70 gemeentes by die sinode verteenwoordig, wat onder meer ontevrede is met die NG Kerk se teologiese opleiding en gay-verbintenisse. Ons praat hieroor met dr. Anton Knoetze van die Koinonia-sinode.
Kliek HIER om te luister.
‘n Dag na hierdie onderhoud is daar ook ‘n onderhoud met Jan Lubbe gevoer. Kyk RSG: ‘Heksejag en boeliegedrag’: NG-moderator reageer (10 Sep 2024)