RSG: Vrystaatse NG-sinode: Só lyk die pad vorentoe

Kyk ook:

Op Vrydag, 4 Oktober 2024 het RSG met Jan Lubbe, moderator van die Vrystaatse sinode, gesels oor die afgelope Vrystaatse spesiale sinodesitting waar besluit moes word oor hulle verhouding met die Algemene Sinode.

Luister hier: https://omny.fm/shows/op-en-wakker/vrystaatse-ng-sinode-s-lyk-die-pad-vorentoe

Dit was vandeesweek presies 35 jaar gelede dat mense van dieselfse geslag die eerste keer in die wêreld, in Denemarke, toegelaat is om in burgerlike verbintenisse te tree. Gister het die NG Kerk in die Vrystaat weer eens ‘n buitengewone sinodesitting gehou, waar selfdegeslagverhoudings een van die kern onderliggende kwessies was. Dié buitengewone sinode het die pad vorentoe bespreek van die sinode se verband met die Algemene Sinode bespreek. Ons praat hieroor met ds. Jan Lubbe, Vrystaatse moderator van die NG Kerk en ook moderator van die Algemene Sinode.

Opsomming

2:50 Wat is oor gay verhoudings besluit?

Die Bybel is duidelik oor seksuele identiteit.

Daar is uitsonderings wat pastoraal en met sorg hanteer moet word.

Die huwelik is ‘n lewenslange verhouding tussen een man en een vrou.

4:15 Daar was drie voorstelle:

Voorstel een: Vrystaat Sinode tree uit AS

  • 127 vir uittrede
  • 182 daarteen

Voorstel 2: VS verdeel in twee: een wat steeds aan die AS verbind bly en ‘n ander wat uit die AS wil tree

  • 102 stemme vir twee sinodes
  • 206 stemme daarteen

Voorstel 3: Bly steeds in gesprek met Algemene Sinode

  • 181 stemme vir eenheid, duidelikheid en herdefiniëring.
  • 129 stemme daarteen

5:50 Mag predikante wat bevoegdheid het nie meer gay huwelike bevestig nie?

Daar is versoek dat predikante wat wel bevoegheid het om gay huwelike te bevestig dit nie self sal doen nie ter wille van eenheid.

7:10 Wat behels die pad vorentoe vir gemeentes wat nie gelukkig is met die besluit nie?

  1. Hulle kan revisie vra vir die besluit en die besluit probeer omdraai of verander tydens die volgende Vrystaatse sinode.
  2. Die Vrystaatse sinode wil kategoriale ringe skep en gemeentes die geleentheid gee om in ‘n ring te wees wat dieselfde teologiese sieninge handhaaf.
  3. Gemeentes kan by ‘n ander sinode aansluit (soos besluit tydens die 2023 algemene sinode).
  4. Gemeentes kan uit die NG Kerk uittree, maar daar is gewaarsku dat dit ‘n baie moeilike pad is. Hy het niks gesê oor die universitasbeginsel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui