Sake op 2004 se kerkregagenda

*******

Sake op 2004 se kerkregagenda | Kerkbode

Kerkbode, 13 Februarie 2004

Pieter Coertzen

On staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en miskien is dit goed om bestek op te neem van wat die belangrikste kerkregtelike aangeleenthede is waarmee die NG Kerk op die oomblik te doen het. Benewens dié wat ek hier gaan noem, sou daar ook ander kon wees. Die sake word ter wille van ruimte net genoem sonder om aan te dui watter kerkvergadering noodwendig daarna moét omsien. Dit behoort in die meeste gevalle vanself te spreek.

* Die Algemene Sinode vergader voortaan elke twee jaar en daar is tans ’n hele herstruktureringsproses in die geledere van die Algemene Sinodale Kommissie in die kookpot. Dié aangeleentheid vra koelkop- en-prinsipiéle denke, net soos die balans tussen veranderende vergaderstyle en oorwoë besluite.

* Diensverhoudinge in die kerk bly steeds belangrik en daar is ’n groot behoefte in hierdie verband, asook in ander opsigte, aan liggame in die kerk wat geskille en appélle verantwoord en effektief kan hanteer.

* ’n Netelige kwessie is of alle leraars, ouderlinge en diakens noodwendig in die kerkraad hoef te dien. Daar is ook die vraag of daar ’n behoefte aan meer en nuwe ampte in die kerk is. Die ampte as sodanig en die priesterskap van elke gelowige en die verhouding daartussen is ’n baie belangrike aangeleentheid waaroor duidelikheid nodig is.

* Lidmaatskap en die hantering daarvan, asook-gemeentegrense, is ander belangrike sake.

* Daar is dié vraag wat die kerk moet doen warineer in sy eie geledere standpunte ingeneem en verkondig word wat nie met die Skrif en ook die belydenis van die kerk klop nie. Die verskeidenheid spiritualiteite en bedieningsbehoeftes wat deesdae in die kerk voorkom en hoe dit gehanteer behoort te word, is eweneens ’n dringende aangeleentheid.

* Die beroepstelsel en die posisie van vroue in die amp van predikant en hoe hulle in die kerk geakkommodeer word, vra noodsaaklike aandag. Die bediening van Afrikaanssprekendes in die buiteland is nog ’n saak, asook die eenheidsproses in die familie van NG Kerke en ook dié tussen die drie susterkerke. En dan is daar die kerk-staat-verhouding in die nuwe staatkundige bedeling.

Ruimte laat nie toe om meer sake te noem nie. Wat dit ook al is waarmee ons besig is, ons mag nooit vergeet dat ons ’n belydenis- én ’n belydende kerk is nie.

  • Prof Coertzen is die aktuarius van die Algemene Sinode.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui