Kyk ook:
Salomo was die seun van Dawid en Batseba
Hy is bekend as die koning van wysheid.
Tydlyne
Volgens James Ussher:
Beskrywing | Oud | vC |
---|---|---|
Dawid laat Uria sneuwel op die oorlogsveld om sy vrou, Batseda te kry. | 1035 | |
Salomo word uit Batseba gebore | 0 | 1034 |
Dawid sterf op 71 jarige ouderdom. Salomo begin regeer op 19 jarige ouderdom. | 19 | 1015 |
Salomo laat vir Adonai (1 Kon 2:25) en Joab (1 Kon 2:34) doodmaak | 20 | 1014 |
Salomo trou met die farao van Egipte se dogter | 20 | 1014 |
Salomo word besoek deur koning Hiram van Tirus. | 21 | 1013 |
In die vierde jaar van Salomo se regering word die tempel se fondasie gelê. Dit is 480 jaar nadat die Israeliete uit Egipte getrek het (1 Konings 6:1,37) [Nota1] | 22 | 1012 |
Tempel word na 7,5 jaar voltooi. (in die elfde jaar – 1 Kon 6:37-38) | 29 | 1005 |
Die tempel word ingewy | 30 | 1004 |
Salomo se eie huis word voltooi. | 42 | 992 |
Salomo sterf op 59 jarige ouderdom. Hy het 40 jaar geregeer (1 Kon 11:42 en 2 Kron 9:30) | 59 | 975 |
Nota 1: Meeste geleerdes glo dat Salomo in 970 vC begin regeer het. Volgens hierdie inligting was die uittog uit Egipte dus: -970 + 4 – 480 = -1446 of 1446 vC. Dit is 200 jaar voor die Rameses II datum.
Salomo, het nie soos sy pa, sy koningskap op ‘n goeie noot geeïndig nie. Die baie vrouens wat hy gehad het, het hom verlei om afgode te aanbid. In 1 Konings 11 word gesê:
(33)Maar Salomo het My verlaat en Astarte die godin van die Sidoniërs, Kemos die god van Moab, en Milkom die god van die Ammoniete, aanbid. Hy het nie meer geleef volgens my wil en gedoen wat reg is in my oë nie of my voorskrifte en bepalings nagekom soos sy vader Dawid gedoen het nie.
Kyk ook Die Bybel oor poligamie.
Kyk ook
- Salomo (Wikipedia)