Satanis by Tuks kap Ernst Roets oor ‘giftige rasteorie’

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

Kyk ook Verklaring van kuratorium oor Satanis by UP teologiese fakulteit (31 Mrt 2025) waarin die kuratorium van die NG Kerk reageer op hierdie berig.

*******

Satanis by Tuks kap Ernst Roets oor ‘giftige rasteorie’ | Rapport

Johan Eybers

Sondag, 30 Maart 2025

’n Selfverklaarde satanis verbonde aan die teologie-fakulteit van die Universiteit van Pretoria (UP) sê die Afrikaner-aktivis Ernst Roets is ’n rassis en sy kritiek op Azaniese kritiese teorie (AKT) is disinformasie.

Dít volg op Roets se onderhoud met die Amerikaanse podsending-gasheer Tucker Carlson waarin hy aangevoer het AKT is ’n “giftige rasteorie” wat by Suid-Afrikaanse universiteite wortel geskiet het.

Roets voer aan AKT is soortgelyk aan die kritiese rasteorie, wat in die VSA ’n groot twispunt is. Hy beweer wit mense word ingevolge AKT nie as mense beskou nie, omdat Europeërs nie “ubuntu” het nie en dat moord op wit mense daarom nie as ware moord beskou kan word nie.

Dr. Tristán Kapp, ’n navorsingsmedewerker in die departement godsdiensstudies van die fakulteit teologie aan die UP, sê dis bog.

Hy het in ’n blog oor Roets se bewerings geskryf AKT is ’n “intellektuele raamwerk wat die blywende impak van ras en rassisme in Suid-Afrika ondersoek, veral deur die lens van Azaniese politieke denke”, en dit het niks te doen met die verontmensliking van wit mense nie.

Kapp is een van die stigters van Suid-Afrika se eerste Satanistiese kerk en was ook die aanbieder van die podsending The Friendly Satanist, oor die mites en kultuur wat Satanisme omring. Hy het sy doktorale studie gedoen oor Afrika-selfidentiteit en die konsep van ubuntu.

Volgens hom is die term “Azania” simbolies van ’n bevryde Suid-Afrika en bied dit ’n alternatief vir die koloniale en apartheidsera-konstruksies.

In reaksie op Kapp se blog, het dr. Willem Gravett, ’n regsgeleerde verbonde aan Akademia en die UP, op Politicsweb geskryf Kapp probeer ’n “onskadelike blik plaas” op ’n verdelende, radikale en gewelddadige ideologie.

Gravett sê sy UP-kollegas prof. Joel Modiri, prof. Mogobe Ramose en dr. Ndumiso Dladla gebruik AKT om die Grondwet te diskrediteer.

Kapp het op Facebook Gravett se meningstuk as ’n “leë tirade” en bewys van “Afrikaner-fragiliteit” bestempel.

Hy meen dit illustreer juis dít wat Azaniese denke teenstaan, naamlik wit oorheersing en die voortbestaan van sekere sosio-ekonomiese instellings.

“Dit lyk of hy (Gravett) dit miskyk dat ’n filosofiese teorie nie ’n regeringsbeleid is nie, maar bloot ’n epistemologiese uitgangspunt vir akademiese diskoers.”

Kapp het ook gesê hy ervaar Gravett se perspektiewe as anti-intellektueel.

Hy het by navraag gesê Roets en Gravett probeer om wantroue in die UP as ’n akademiese instelling te saai.

“Die Universiteit van Pretoria is progressief en verbind tot gelykheid en inklusiwiteit, waar mense soos ek ernstig opgeneem word, selfs al is my geloofsoortuigings en voorkoms anders.”

Kapp meen Roets is “uit voeling met die ideologiese diskoers” en “sy bydrae is uitgedien”.

Roets sê hy weet feitlik niks van Kapp nie en het geen opinie oor sy godsdiens of voorkoms nie.

Hy sê egter die grootste probleme by universiteite is in die fakulteite van teologie, filosofie en regsgeleerdheid.

Roets sê die kritiek teen sy standpunte is nie op substantiewe argumente gegrond nie.

Hy is pas terug van Amerika, waar hy voor groot gehore gepraat het oor Suid-Afrika se politieke en sosiale uitdagings, sê hy. Hy het onder meer onderhoude gevoer met Ben Shapiro en Sean Kelly.

Hul belangstelling, sê hy, wys dat daar ’n wye gehoor is wat hom ernstig opneem.

*****************

Tristan het soos volg hierop gereageer op Facebook:

Goeie genugtig, hulle kon darem ‘n beter foto gekies het. 😂

PRESS RELEASE
For immediate release

False and misleading claims about academic affiliations and viewpoints

A false and misleading statement is currently being circulated by Rapport, claiming that I as “self-proclaimed Satanist affiliated with the Faculty of Theology at the University of Pretoria (UP)” has made certain remarks about Ernst Roets and Azanian Critical Theory (ACT). This claim is not only inaccurate but qualifies as sensation-driven disinformation.

Firstly, I am not a lecturer, but a research associate in the Department of Religious Studies. Any insinuation of a formal affiliation with the Faculty of Theology as lecturer, is therefore incorrect and misleading.

Secondly, my personal views are irrelevant in relation to my academic involvement and work. The claims about my views have been distorted and taken out of context, serving as an attempt to create a false narrative.

Thirdly, my criticism of Ernst Roets remains unchanged, and those interested can find my full unadulterated position on my website: Afrikaner fragility responding to Willem Gravett and Ernst Roets on Azanian critical theory (8 Mrt 2025)

I encourage the public and the media to engage responsibly with information and apply critical thinking when confronted with such claims. I also call on journalists and news agencies to verify their sources carefully before spreading such disinformation.

Dr Tristán Kapp
tristan@paganrightsalliance.org

Kommentaar

Daniel Louw

Onthou dat predikante van die NG Kerk amptelik opgelei word by hierdie einste teologiese fakulteit. En volgens die NG Kerk is daar niks fout by die teologiese fakulteite nie:

Tristan beweer in sy “persverklaring” dat Rapport vals en misleidende stellings maak as hulle sê dat hy verbonde is aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. As hy egter self sê dat hy ‘n navorsingsmedewerker is in die departement godsdiensstudies van die fakulteit teologie aan die UP, dan is hy mos verbonde aan hulle.

Roets is heeltemal reg as hy sê: “…die grootste probleme by universiteite is in die fakulteite van teologie, filosofie en regsgeleerdheid.”

Instellings wat veronderstel is om jongmense toe te rus om die wêreld ‘n beter plek te maak het verval in instansies wat studente breinspoel om woke te wees (in die nie-tegniese departemente, natuurlik).

1 thought on “Satanis by Tuks kap Ernst Roets oor ‘giftige rasteorie’”

  1. Die NG Kerk het toegelaat dat hul teologiese studente onder die sambreel van okkultiese invloede opleiding vind, en het geen bedoeling om hul rigting te verander nie. Mens moet nie eens poog om in enige gesprek in te gaan met AS nie, behalwe om die duiwel uit menige NG leraaar en Teologie dosent te dryf. Met hul toestemming natuurlik. Nie dat meesste NG leraaars eers weet hoe om so iets te doen, of eens dink die duiwel kan hul beetkry nie, insluitend sg. ‘behoudendes’. Baie van hul lidmate is netso vasgevang (nog steeds) onder die invloed van okkultiese magte, maar hulsef (en die leraar) wis dit nie eens.

    ACT (soos in bg artikel) is natuurlik absoluut teen Christus se lering. Lees maar gerus die nie-teologiese skrywe van “The perils of Azanian Critical Theory” van Willem Gravett, 04 March 2025 (https://www.politicsweb.co.za/opinion/the-perils-of-azanian-critical-theory), wat die diep aard van hierdie denke ontbloot.

    BREEK WEG vanuit NG Kerk, so gou as moontlik, want jy gaan altyd dink jy ‘dink reg’, terwyl die duiwel met jou denke woer-woer speel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui