Kyk ook:
Taakspan Navorsing
Scenario beplanning: Verslag aan die ASM van Maart 2020
Bylaag 7
Die NG Kerk (Algemene Sinode, streeksinodes, ringe en gemeentes) leef vanuit haar geloofverbintenis met God Drie-enig en wil haar roeping die volgende vier jaar verwesenlik deur die volgende voor oë te hou[1]:
Die 20ste Algemene Sinode van 2030 het ontdek hoe dramatiese skuiwe in die NG Kerk plaasgevind het:
- Van selfsorg, na sorg vir die seerste plekke in die Suid Afrikaanse samelewing
- Van oorlewing, na diensbaarheid
- Van onsekerheid, na hoop vir gebrokenes
- Van eiebelang, na lewe in liefde
Hoe sou ons ons roeping verwesenlik?
Hoe het nuwe lewe in die kerk ontstaan?
- Mense in die kerk se vandag “Ons kerk is die hoop in die doodloop”. Dit is ons hart.
- Ons dien die gemeenskap oor alle grense, as kelners van Jesus Christus se liefde, en bring so ’n hoopvoile verskil deur woord en daad.
- En ons trek so, mense in geloofsgemeenskap in.
Kenmerke van ons kerklike identiteit. kultuur en leierskap
Wat lê daar agter die noemenswaardige verandering in kerklike identiteit en kultuur?
- Ons leiers is daarop gerig, om lewegewende verhoudinge oor grense met mekaar en ander te vorm. Daarom fokus ons om te luister, lief te he en te dien, in verbondenheid met Christus.
- Die doel is eenvoudig, “Dienende leierskap, soos Jesus”
Kenmerke van ons institusionele vorm:
Bo en behalwe ’n kultuurskuif, lyk die kerk ook institusioneel anders?
- Ja, vandag verstaan ons, ons kerk is geroep om die sinergie van netwerke te omarm, en daardeur kreatief en relevant te wees.
- Dus bestaan ons kerk uit inklusiewe, relevante en kreatiewe netwerke. Hierdeur word gemeentes op ’n volhoubare wyse gehelp, om hulle roeping te ontdek, en dit met waagmoed uit te leef.
Wat is die kerk se droom vir die toekoms?
Ons droom van ‘n netwerk van inklusiewe gemeentes, wat op voetsoolvlak, vanuit God se liefde, diensbaar is, in ons gemeenskappe.
Die ASM identifiseer die volgende fokusareas as van kritiese belang vir haar termyn:
- Ontwikkel en mobiliseer bemagtigende leiers[2],
- wat ruimtes en platforms skep vir versoenende luister en gesprek oor verhale van hoop en vernuwing,
- en wat geloofsgemeenskappe vorm waar mense van verskillende kulture en tale ingesluit word,
- en strukture gebruik en waar nodig omvorm tot gesinkroniseerde, ekumenies geintegreerde netwerke, wat geintegreerde samewerking in die NG Kerk en ook na buite bewerkstellig.
Die volgende fase is die ontwikkeling en implementering van ‘n strategiese plan en behels die volgende:
- Die strategie word op verskillende vlakke uitgevoer. Sekere take is op die terrein van die ASM en taakspanne, ander op die terrein van streeksinodes en andertake is binne die opdrag van die ringe en gemeentes.
- Verskeie inisiatiewe word op die bogenoemde vlakke geloods, maar bly belyn met die oorhoofse strategiese temas van bemagtigende leiers, ruimtes en platforms van versoening, luister en hoop, inklusiwiteit en diversiteit en gesinkroniseerde ekumeniese netwerke.
- ‘n Implementeringsplan, waarin die bogenoemde inisiatiewe omskryf word, moet op ‘n deelnemende wyse opgestel word om die strategie daarvolgens uit te voer
- Helder en duidelike leierskap is nodig om die strategie uit te voer
- ‘n “Kreatiewe-netwerk-span” is nodig om aan die netwerke leiding te gee en die strategie te koordineer en uit te voer.
Scenario beplanning: Die streeksinode gesprek
Drie horison-oefening
Horison 1: Waar is ons nou? En: waar gaan ons uitkom as ons bloot aanhou soos tans.
Horison 3: Waar wil ons uitkom?
Horison 2: Die ongemaklike plek waar ons onsself deur die transformasie van horison 1 na 3 bestuur.
Die sinodes gaan in gesprek oor hulle drie horisonne aan die hand van die volgende vrae:
• Ons is … (oor die hede)
• Ons wil … (oor die toekoms)
• Ons sal… (fokus)
Sinodes identifiseer die volgende fokusareas vir die AS en vir hulleself om verder mee te werk[3]:
Wes-Kaapland
As AS die diakonale wese van die kerk versterk deur die ontwikkeling en stimulering van ons teologie hieroorop ten o.a. die volgende terreine (as subhoofde van diakonaat): ekklesiologiese verstaan (roeping), antropologie, ontwikkeling en geregtigheid.
Op Streeksvlak sal ons ekumeniese integrasie bevorder en ondersteuning in plek sit om gemeente-leierskap te begelei in hierdie transformasieprosesse.
Oos-Kaapland
Kursusse ontwerp om leraars toe te rus om gemeenskapsontwikkeling te doen. Ons street om gemeentes en leraars te begelei onderweg na ons visie. Ons rus kerkrade toe vir die visie
Noord-Kaapland
Bly moeite doen om kerk van die Here Jesus te wees.
KZN
AS: behoefte is dat ander sinodes bronne met ons sal deel (sinkroniseer I optimiseer) Streek: Voortgaan met persoonlike kontak met ringe, ringsgemeentes en ringstrukture mobiliseer om bogenoemde uit te leef Platforms skep om stories (van hoop) te vertel I deel
Vrystaat
AS: luister na almal. Gee praktiese leiding.
Goudland
Geen
Noordelike Sinode
AS: Help Sinodes om die konteks van die kerk en die land beter te verstaan deur o.a. goeie navorsing en proses bestuur Streek: Erken dat ons mekaar nodig het. Omarm verskille en diversiteit. Werk met ’n holistiese plan om op die komplekse kontekste te reageer. Breek die Hermeneutiek van Suspisie… werk met verskille en verskeie standpunte. Ontwikkel die sterk netwerke.. deel kennis en ervaring met mekaar. Fokus op Inklusiewe prosesse.
Hoëveld
Mekaar en gemeentes bemagtig om te transformeer Oostelike Sinode Wil leierskap struktuur herbedink. Verhale van hoop/vernuwing vertel. Leiers toerus en visioner wees
Namibië
AS: Om die gedeelde roeping lewendig te hou. Streek: Sinode deel gesprekke met streke en gemeente en skep ruimtes, vertel ons stories
Scenario beplanning: Enkele opmerkings
Horison 1
Die eerste horison verteenwoordig waar ons vandaan kom en wat die dominante manier van dink en doen tans in die NGK is.
Prominente uitdagings in horison 1 is onder andere die volgende (soos uit die navorsing en Kerkbode peilings):
- Verskille in die manier hoe ons die Skrif verstaan
- Onvermoë om jong volwassenes te behou
- Teologiese verskille binne die kerk wat in sommige se oë onversoenbaar is
- Druk op finansiële volhoubaarheid van gemeentes
- Relevante Bybelse prediking
- Lae gemeentelike betrokkenheid by gemeenskapsorganisasies
- Krimpende getalle
- Die wyse waarop ons teologiese verskille hanteer
- ‘n Juridies-kerkordelike wyse van organisasie en besluitneming
- Verouderde en irrelevante kerklike strukture: ringe, sinodes en algemene sinode.
- Negatiewe persepsie van die NG Kerk as “brand”.
Horison 3
Daar is reeds elemente van horison 3 in die huidige teenwoordig wat benut kan word en waarop ons kan bou. Die volgende is voorbeelde:
- ‘n Sterk groeiende selfbewussyn dat die NG Kerk as ’n missionale kerk (wil) leef (Kerkspieel 2018). Ditword verder bevestig in die Kerkbode peiling en NCLS opname wat die volgende as prioriteite vir die toekoms identifiseer.
- Groter betrokkenheid in die gemeenskap
- ‘n Duidelike gerigtheid op die roeping van die kerk
- Groter diensbaarheid deur die lidmate in die gemeente
- Innoverende denke oor toekomstige teologiese opleiding.
- Lidmate wat in die gemeenskap betrokke is, al is gemeentes as sodanig nog nie (Kerkspieel 2018).
- Materiaal wat ontwikkel is vir egte gesprek en luister na mekaar.
- Die waardes wat tydens die seisoen van menswaardigheid ontwikkel is.
“Structure follows strategy”
Dit beteken dat die ASM prosesse en strukture ontwikkel wat hierdie strategie kan dien:
- Dit moet weerspieel word in die werksaamhede van bestaande taakspanne, die werk van taakspanne moet belyn word met die fokusse.
- Strukture, en bygaande prosesse, moet ‘n aanpasbare karakter handhaaf, om bronne van energie, inisiatief en kreatiwiteit wat binne die kerk op voetsoolvlak ontstaan, te kan benut.
- Indien nodig moet nuwe taakspanne in die lewe geroep word,
- Die begroting moet die prioriteite van die ASM dien.
- Bestaande vergaderings moet gebruik om die fokusse aktief te bestuur.
- Indien nodig moet nuwe prosesse ontwikkel word wat intensioneel gerig is om die 4 fokusse te laat realiseer.
- Die bestuur van polariteite is in die oorgang belangrik om konflik wat mag ontstaan as vanselfsprekend te verwag, en effektief te bestuur.
Wat het die leierskap van sinodes nodig om te weet oor predikante se behoeftes sodat julle bemagtigende leiers in diens van die fokusse kan wees?
Voetnotas
[1] Die “Droom scenario 2030” is ontwikkel deur die Algemene Sinode van 2019.
[2] Die Taakspan Navorsing Bestuurspan identifiseer die ontwikkeling van bemagtigende leiers as die belangrikste drywer. Dit gaan nie bloot gaan oor leiers ontwikkeling nie, maar oor leiers wat in staat is om versoenende ruimtes te skep, kultureel diverse geloofsgemeenskappe te vorm en strukture te omvorm in ekumenies, geintegreerde netwerke.
[3] Opsommende bylaag van die tien streeksinode is aangeheg. Dit skep die ruimte om mekaar te hoor en by mekaar te kan leer