In Rigters 12 word die woord Sjibbolet as ’n kodewoord gebruik:
(5)Die manne van Gilead het die Jordaandriwwe na Efraim toe beset, en wanneer ’n Efraimitiese vlugteling sê: “Ek wil deurgaan,” sê hulle vir hom: “Jy is ’n Efraimiet.” As hy sê: “Nee, ek is nie,” (6)sê hulle vir hom: “Sê ’n bietjie: Sjibbolet,” maar dan sê hy: “Sibbolet,” want hy kan dit nie reg uitspreek nie. Dan gryp hulle hom en maak hom daar by die Jordaandrif dood. In daardie tyd het daar twee en veertig duisend man van Efraim gesneuwel.
Indien ’n persoon “Sjibbolet” kon sê was hy vriend. As hy egter “Sibbolet” gesê het, was hy vyand.
Die woord “Sjibbolet” word vandag steeds gebruik as enige gewoonte of tradisie, gewoonlik ’n keuse van frasering of selfs ’n enkele woord, wat een groep mense van ’n ander onderskei. Sjibbolets is deur die geskiedenis heen in baie samelewings gebruik as wagwoorde, eenvoudige maniere om self te identifiseer, om lojaliteit en affiniteit te kenne te gee, om tradisionele segregasie te handhaaf, of om werklike of waargenome bedreigings te beskerm.