Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente | Netwerk24

Prof. Nelus Niemandt

26 November 2024

Ek verwys na die brief van Philip Coetzee (“Lynreg in teenstelling met die Heilige Skrif”, 12.11).

Die Hugenote-kollege lewer vanuit ons diep Christelike oortuiging ’n wesenlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse en Afrika-kontekste deur die opleiding van studente as innoverende leiers.

Ons is ernstig dat die teologiese opleiding van die Hugenote-kollege getrou is aan die Skrif en daarvan oortuig studente moet gevorm word om met hul hele lewe toegewy te wees aan ’n deernisvolle Christelike leefwyse.

Die Hugenote-kollege neem kennis van ’n smeerveldtog teen teologie-dosente verbonde aan die kollege. Daar word onder meer in YouTube-video’s, briewe in dagblaaie en publikasies op die Facebook-blad van die Koinonia-sinode aantygings gemaak dat ons teologie-dosente kernaspekte van die Christelike geloof ontken. Dié bewerings mislei die publiek.

Die bewerings in Coetzee se brief word gegrond op ’n enkele sin uit ’n proefskrif wat naamloos aangehaal word en wat dan by wyse van suggestie aan die hele kollege toegeskryf word. Die aantygings gaan verder en maak wilde bewerings wat die indruk wek dat die kollege se dosente die gesag van die Nuwe Testament verwerp.

Dit is onwaar. Die teologie-dosente is toegewyde gelowiges. Hul navorsing reflekteer akademiese integriteit terwyl dit getrou bly aan die kern van die Christelike geloof en gerig is op diens aan die koninkryk.

  • Prof. Niemandt is rektor van die Hugenote-kollege.

Kommentaar

Daniel Louw

Die bewerings in Coetzee se brief kom oorspronklik uit ‘n Youtube video van Ferdie Mulder – kyk Oostelike Sinode. Daarin gee hy ‘n aanhaling uit Yolande Steenkamp se proefskrif “Post-metaphysical God-talk and its implications for Christian theology: sin and salvation in view of Richard Kearney’s God Who May Be” (September 2016):

Christian thought has traditionally ascribed the “fall” of the human race to the actions of Adam and Eve in the Garden of Eden. Through a thorough literary analysis, Chapter 2 engaged the Eden narrative on its own terms to show that this way of reading the Eden story is completely unfounded. An analysis of the literary motifs within their ANE context has revealed a narrative saturated in ambiguity, that resists any attempt to reduce its rich context to a supposedly singular interpretation. One reason for this is found in the parallels of the literary motifs with Canaanite and Mesopotamian mythology, suggesting that the narrative may have served the polemic function of condemning the worship of other deities, especially the goddess Asherah, during the development of monotheistic Yahwism. A responsible hermeneutic approach to this complex text would allow the multiplicity of meaning in the text to have its way with the reader. The Eden narrative, namely, confronts its reader with a unique view on the puzzling ambiguities of zir own life.

Death is seen as the natural culmination of a life blessed with many years, and not as a punishment for sin. The OT has nothing that resembles the doctrine of original sin or a personalised Satan figure as an attempt to explain the origin of evil.

Paul continues to interpret both Christ’s death and resurrection as further apocalyptic events that reveal God’s saving righteousness and signals the inauguration of the age to come. Paul understands the present time to play out “between the ages,” in an overlap of the present evil age and the age to come, which would commence with the Second Coming. Certain logical inconsistencies suggest, first, that Paul invented his pessimistic understanding of the human plight in order to accommodate his soteriological convictions, and second, that Paul was influenced by aspects of a dualistic worldview.

Ook het Chris van Wyk, in ‘n voorlegging by ‘n predikante konferensie in Namibië 22-24 Oktober 2024 na hierdie proefskrif van Yolande Steenkamp verwys en genoem dat sy ‘n anateïs is – kyk Van rusie na ruimte – ‘n Perspektief op konflik in die kerk (Okt 2024).

Verder het die volgende op 29 Oktober 2024 op Hugenote-Kollege se Facebookblad verskyn:

We are excited to share that our community engagement event on October 26th was a success! Together, we marched down Church Street to raise awareness about Gender-Based Violence (GBV) and the LGBTQIA+ community.

The energy was incredible, and the event truly sparked important conversations. As we walked, we could hear people along the sidewalk asking about the LGBTQIA community, opening the door to reducing ignorance and fostering understanding. The sight of the pride flags prompted questions and curiosity, with challenging interactions that presented the opportunity to educate and inform.

A heartfelt thank you to our partners-Drakenstein Municipality, Norsa Community Care, Badisa Wellington, DSD, and Gender Dynamix-for their support and collaboration.

‘n Mens kry prof Nelus Niemandt eintlik jammer – hy sit met ‘n dilemma.

Hy kan nie Philip Coetzee se skrywe ignoreer nie, want dan aanvaar mense dat dit waar is.

Aan die ander kant, deur te reageer, skep hy net weer ‘n geleentheid om die dwaalleer wat deur sommige dosente by Hugenote-kollege en deur homself aangehang word, aan die lig te bring.

1 thought on “Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente”

  1. Hi Daniel – ek het ‘n stukkie geskryf oor die wiskunde as aanduiding van die skoonheid in die natuur, maar dat dit ons niks vertel oor God self nie, of oor hoe ons teenoor ons medemens moet optree nie. Daaroor swyg die wiskunde. Maar nou kom Yolande Steenkamp, met ‘n baie meer primitiewe instrument, die sogenaamde “analysis of the literary motifs within their ANE context”, en sy het nou skielik die wysheid in pag oor God se heilsplan met die skepping? Nogal na aanleiding van die Mesopotamiese en Kanaanitiese mitologie! Ek sien dat sy goeie Engels magtig is, maar duidelik nie die Christelike Heilsorde nie. Sy verstaan ook mitologie, maar nie die logika in die model / geloofspostulaat wat die Dordse Leerreëls daar stel om die SONDEVAL van die mens, die verdwyn van die mens uit God se teenwoordigheid, te verklaar nie. Ja, Israel het ook Asjera gedien, bv Rigters 3:7, maar duidelik het die HERE se straf nie daaroor uitgebly nie.

    Terloops, wat beteken “Paul invented his pessimistic understanding of the human plight in order to accommodate his soteriological convictions, and second, that Paul was influenced by aspects of a dualistic worldview”. Weer eens goeie Engels, maar waar is die logika of bewys?? Maak die woorde ooit sin??? As dit doen is dit bo my vuurmaakplek! Hoekom? In Paulus sien ek die volgende: ‘n man wat teen sy wil tot geloof gekom het, daar was ‘n Damakusweg nodig om hom tot bekering te bring. Hy is deur siekte gepla (drie keer gevra dat hierdie las van my weggeneem word – 2 Kor 12:8). Hy swoeg deur te preek en homself te onderhou, lei skipbreuk, hy is fisies verdruk ter wille van sy geloof, tereggestel deur ‘n tirannieke keiser, maar wat in dit alles BLYMOEDIG is (Fil 4:4). Ek sien dieselfde by die Newton van teologie – Johannes Calvyn, as jy kyk hoe ‘n man 200 keer per jaar preek, op 27 die Institusie skryf, en ‘n verklaring van die hele Bybel (uitsondering van Openbaring) maak. Net Romeine se verklaring is al in Afrikaans 367 bladsye! Wat van die getuienis van Aurelius Augustinus, biskop van Hippo Regius – lees die storie van Tolle Lege. Hierdie is manne wat hulle hele lewe gee in toewyding aan die diens van die Here. Maar wat reken ons 21ste mense? “Influenced by a dualistic works view”? Paulus sou nie eers geweet het wat dit beteken nie, ten spyte van die feit dat hy aan die voete van Gamaliël gesit het en heel waarskynlik baie meer van teologie geweet het as Yolande. Selfs na sowat 2000 jaar word Paulus nie die vryheid van getuienis of spraak gegun nie – ek wonder hoekom…

    Maar ek het genoeg gal gebraak – mooi aand!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui