Swaarkry

In tye van swaarkry help dit om die volgende ingedagte te hou:

  1. God het toegelaat dat jy in hierdie situasie beland het.
  2. God is saam met jou in jou situasie.
  3. God wil miskien jou swaarkry gebruik ter wille van ander mense.
  4. God wil hê jy moet in hierdie tyd geestelik groei of iets leer.
  5. God wil ‘n verandering in jou huidige koers bring.
  6. God sal jou uit jou situasie uithaal op Sy tyd.

(Gebaseer op Andrew Murray oor swaarkry)

Die volgende artikels handel oor swaarkry:

Youtube videos:

Bybel

2 Korintiërs 12:7-10
(7)…Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. (8)Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. (9)Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. (10)Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui