Kyk ook:
Teïstiese evolusie is die geloof dat God evolusie gebruik het om te skep. Hulle sal tipies glo dat die ontstaan van materie en die eerste lewe nie sonder God kon gebeur het nie. Met ander woorde, God het die eerste eensellige organisme geskep waaruit alle lewende organismes geëvolueer het.
Teïstiese evolusioniste verskil oor God se rol. Daar is twee hoof sieninge:
- God het slegs die eerste lewe geskep, maar God het alles so ontwerp dat alles verder self deur ‘n ewekansige evolusieproses kon ontwikke.
- God het nie net die eerste lewe geskep nie, maar het kort-kort ingegryp om nuwe lewende organismes tot stand te bring. Trouens, God steeds daarmee besig.
Wetenskaplike probleme
Teïstiese evolusioniste glo in die algemeen in die spontane vermeerdering van genetiese inligting om verskillende soorte tot stand te bring. Dit is egter nog nooit waargeneem nie (kyk Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie).
Teologiese probleme
Teïstiese evolusioniste sit met die volgende teologiese probleme:
Sondeval
Sommige teïstiese evolusioniste ontken dat Adam en Eva werklike persone was en ontken daarom die sondeval in sy geheel of sien dit as ‘n simboliese gebeurtenis.
Die sondeval is egter die rede hoekom Jesus aan die kruis moes sterf. Kyk Sondeval.
Dood en swaarkry voor die sondeval
Teïstiese evolusioniste wat glo dat daar wel ‘n sondeval plaasgevind het, glo dat daar dood en swaarkry voor die sondeval plaasgevind het. Dit is teenstrydig met die idee dat God goed geskep het. Kyk Dood en swaarkry voor die sondeval.
Adam histories
Verder verwys die Bybel na Adam as ‘n historiese persoon in die volgende dele:
1 Kron 1 | As deel van die geslagsregister in 1 Kronieke. |
Luk 3:38 | As deel van die geslagsregister in Lukas. |
Rom 5:12-21 | Die ooreenkoms tussen Adam en Christus: Deur die oortreding van een mens (Adam) het sonde in die wêreld gekom en deur die gehoorsaamheid van een mens (Jesus) is die sonde oorwin. |
1 Kor 15:22,45 | Die dood het deur een mens (Adam) gekom en die opstanding uit die dood het ook deur een mens (Christus) gekom. |
1 Tim 2:13-14 | Paulus maak uitspraak dat die vrou onderdanig moet wees aan die vrou omdat Adam eerste geskape is |
Judas 1:14 | “Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag ná Adam was, geprofeteer het.” |
Adam en Eva nie enigste mense
Teïstiese evolusioniste wat glo dat Adam en Eva wel bestaan het en dat daar ‘n sondeval was, glo nie dat Adam en Eva die enigste persone op aarde was tydens die sondeval nie. In so ‘n geval sou dit nie sin maak dat die sonde van Adam en Eva al die mense rondom hulle ook sou raak nie. Die sondeval sou slegs Adam en Eva se familie raak.
Sondvloed
Omdat teïstiese evolusioniste glo dat geologiese verskynsels, soos die Grand Canyon, oor miljoene jare gevorm het, ontken hulle dat die sondvloed wêreldwyd was. Die Bybel is egter baie duidelik daaroor dat die sondvloed wêreldwyd was en dat Noag vir ongeveer ‘n jaar lank op die ark was. Kyk Was die sondvloed ’n globale vloed of slegs ’n lokale vloed?
Indien die Bybel reg is oor die sondvloed, is feitlik alle geologiese verskynsels wat ons vandag kry, deur die sondvloed gevorm en nie deur lang tydperke nie.