Teodisee (Engels=”Theodicy”) is om God onskuldig te probeer verklaar van boosheid. Dit is om ’n antwoord te verkry op die vraag wat soos volg gevra word:
- Hoe kan ’n almagtige, liefdevolle God toelaat dat boosheid bestaan?
- As God so goed en liefdevol is, waarom is daar dan soveel lyding in die wêreld?
- Waarom ly gelowiges soms die vreeslikste dinge?
Soms word dit ook die trilemma genoem:
- As God nie in staat is om boosheid te voorkom nie, dan is hy nie almagtig nie.
- As God nie gewillig is om boosheid te voorkom nie, dan is hy nie goed nie.
- As God beide in staat is en gewillig is om boosheid te voorkom, hoekom is daar dan nog boosheid?