Teologiese student in sendingwetenskapklas

Julian Olivier, wat by die Universiteit van Vrystaat gestudeer het, het die volgende getuienis gelewer tydens ’n erediens op 26 September 2021.

Wat is Kerklike Eenheid Paulus? – Deel 3 (26 Sep 2021)

Toe ek in sendingwetenskap gestaan het, missiologie, waar ek veronderstel is om geleer te word hoe om die Evangelie aan mense te verkondig toe roep ’n dosent my vorentoe en laat my voor in die klas staan en hy vra toe vir my: Julian, met jou teologie wil jy eintlik vir ons sê dat miljoene mense wêreldwyd hel toe gaan omdat hulle nie in die Here Jesus Christus glo nie. Dit is baie maklik, broer en suster, om dit vir mekaar te sê in ’n gesprek waar dit net ek en jy is, maar dit is iets heeltemal anders as jy voor ’n klas staan en jou dosent sit jou op die “spot” en sê: is dit wat jy glo? Wel, dit is wat die Bybel sê. Dit is wat ek vir die dosent gesê het. Dit is nie my opinie nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor: daar is net een weg tot saligheid. Daar is net een persoon in wie ek en jy redding vind. Daar is net een naam onder die son wat God wil hê deur wie ek en jy gered moet word en dit is Jesus Christus.

1 thought on “Teologiese student in sendingwetenskapklas”

  1. Wat is die punt van sending as dit nie is om soveel verlorenes en onbereiktes met die Evangelie te bedien nie?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui