Toledoot

Die woord “toledoot” (Engels = “toledoth”, Strongs = H8435) is die Hebreeuse woord vir “generasie”. Dit word gebruik om gedeeltes te begin of af te sluit, byvoorbeeld: “Hierdie is die generasies van…”

Hier volg ‘n lys waar dit in die Bybel voorkom:

  • Genesis 2:4 Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde
  • Genesis 5:1 Hier volg die geslagsregister van Adam.
  • Genesis 6:9 Hier volg die verhaal van Noag.
  • Genesis 10:1 Hier volg besonderhede oor Noag se seuns, Sem, Gam en Jafet.
  • Genesis 10:32 Dit is die stamme van die seuns van Noag…
  • Genesis 11:10 Hier volg die familieregister van Sem.
  • Genesis 11:27 Hier volg die familiegeskiedenis van Tera.
  • Genesis 25:12-13 Hier volg besonderhede oor die nageslag van Abraham se seun Ismael… (hierdie geslagsregister kom ook in 1 Kronieke 1:29 voor)
  • Genesis 25:19 Hier volg besonderhede oor Isak seun van Abraham:
  • Genesis 36:1 Hier volg besonderhede uit die familiegeskiedenis van Esau, dit is Edom.
  • Genesis 36:9 Hier volg die name van Esau se nageslag in die Seïrberge.
  • Genesis 37:2 Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob.

Die voorkoms van toledote in Genesis is ‘n aanduiding van:

  1. Genesis is waarskynlik deur verskillende mense geskryf.
  2. Die skrywer(s) was besig om geskiedenis op te teken en nie net sommer ’n mite te skryf nie.

Hierdie is ‘n belangrike argument vir die tabletteorie. Dit is die idee dat verskillende aartsvaders (soos Adam, Noag, Abraham, ens) hul eie familiegeskiedenis op tablette opgeteken het en dat hierdie rekords later deur Moses of selfs ‘n ander redakteur saamgestel is.

Hierdie siening gee baie meer integriteit aan veral Genesis en word gebruik as argument dat Genesis 1 tot 11 as geskiedenis gelees moet word en nie as poësie, ’n metafoor, fabel of mite nie.

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui