Uniformitarianisme of gelykmatigheid (Engels=”uniformitarianism“) is die teorie dat alle geologiese verskynsels verduidelik kan word as ’n resultaat van bestaande kragte wat uniform gewerk het vanaf die begin van die aarde tot nou. Met ander woorde, erosietempo’s en ander kragte was altyd konstant en dieselfde as huidige erosietempo’s.
“Die huidige is die sleutel tot die verlede”
Dit is in teenstelling met katastrofisme, wat glo dat geologiese verskynsels gevorm het deur skielike, kortstondige, gewelddadige gebeure.
Dit is egter ‘n filosofiese aanname!
‘n Streng toepassing van uniformitarianisme sluit katastrofes, soos die sondvloed, uit.
‘n Baie goeie voorbeeld van uniformitarianisme is dat die kontinente teen ongeveer 5 cm tot 10 cm per jaar uitmekaar beweeg. Volgens hierdie feit aanvaar evolusioniste dat dit nog altyd dieselfde was, dus kan mens bepaal wanneer die kontinente teenmekaar was. Evolusioniste gebruik egter hierdie beginsel net wanneer dit hulle pas. Volgens uniformitarianisme is die volgende waar:
- Volgens die wêreld se huidige aanwastempo het die eerste mense op aarde slegs 1345 jaar gelede geleef (Waar is al die mense?).
- Volgens die tempo waarteen mutasies in die menslike gene vermeerder het die eerste mens slegs 6000 jaar gelede geleef (Mitochondriese Eva).
- Volgens die huidige mutasietempos sou daar hopeloos te MIN tyd volgens evolusietydlyne gewees het vir ape om na mense te evolueer (Haldane se dilemma).
- Volgens die tempo waarteen die see se soutkonsentrasie toeneem, het die see slegs 62 miljoen jaar gelede geen sout bevat nie (Salty seas – evidence for a young world).
- Volgens koolstof-14 datering moet dinosourusbene jonger as 250 000 jaar oud wees (Die koolstof-14 dateringsmetode).
- Wanneer dinge van bekende ouderdom radiometries dateer word, is dit dikwels baie ver verkeerd (Radiometriese datering verkeerd).
- Die maan beweeg weg van die aarde. Volgens hierdie tempo moes die maan 1.37 miljard jaar gelede aan die aarde geraak het (How long has the moon been receding?).
- Volgens die hoeveelheid supernovaoorblyfsels is die heelal nader aan 7000 jaar oud as 15 miljard jaar oud (Exploding stars point to a young universe).
- As die huidige tempo waarteen die aarde se magneetveld verval aanvaar word as konstant, sou die magneetveld 10000 jaar gelede so sterk gewees het dat die aarde sou smelt (The earth’s magnetic field: evidence that the earth is young).