Universitasbeginsel

Die volgende is my eie, eenvoudige verstaan en is nie noodwendig in alle gevalle akkuraat nie. Vir meer oor hierdie onderwerp kan mense na die bronne gaan kyk wat in hierdie artikel gelys word. Mense met meer inligting is ook baie welkom om kommentaar te lewer onderaan.

In kerkskeuringsake in die verlede is die universitasbeginsel altyd toegepas. Dit sê dat die lidmate wat nie wil skeur nie, die voorsetting van die gemeente is. Tegnies beteken dit dat indien ‘n gemeente wil skeur, maar slegs een lidmaat wil nie skeur nie, is daardie lidmaat die voortsetting van die gemeente.

Indien dit sou gebeur, kan die lidmaat nie die bates vir homself vat nie. Hy sal egter nie die kerkgebou in stand kan hou sonder die inkomste van ‘n gemeente nie. Hy kan probeer om nuwe lidmate te werf, maar indien hy nie suksesvol is nie, kan ‘n buurgemeente die bestuur daarvan oorneem. Indien dit duidelik is dat die kerkgebou nie sinvol gebruik kan word nie, kan dit uitverhuur word aan ‘n besigheid of selfs aan die gemeente wat geskeur het. Toe die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) in Reitz van die NG Kerk geskeur het, is die gebou oorgedra aan die Moedergemeente, maar die APK huur vandag daardie gebou.

Indien die gebou nie verhuur kan word nie, kan dit verkoop word. Die geld daarvan sal dan na die buurgemeente gaan.

Die presiese motief agter die universitasbeginsel is nie duidelik nie. Op die oog af maak dit nie sin nie. Die bates van ‘n gemeente behoort aan die kerkraad. Dit is hoe dit op die aktes aangeteken is. Die vraag is: Hoekom kan die meerderheid lidmate van ‘n gemeente die bates, wat hulle opgebou het en vir jare in stand gehou het, verloor indien ‘n klein minderheid hulle besluit om te skeur, veto?

Die vraag is ook of die universitasbeginsel noodwendig in die toekoms toepas sal word wanneer gemeentes skeur. Die feit dat dit in die verlede gebruik is, is nie ‘n goeie rede om dit altyd toe te pas nie. In 2022 is die Roe v. Wade-besluit van 1973 (oor aborsie in Amerika) in 2022 omgedraai. Dus kan regters besluite neem volgens nuwe norme.

Artikels

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui