UP stel hulle kurrikulum transformasie bekend

In ’n video op 18 Augustus 2021 het die Universiteit van Pretoria sy kurrikulum transformasie bekend gestel. Vanaf 1:15:38 is die dekaan van die teologiese fakulteit, Prof Jerry Pillay, aan die woord.

UP’s CurriculumTransformation (1:15:38)

Die idee wat ‘n mens kry is dat daar meer gefokus word op dekolonialisering, diversiteit, transformasie en ‘n aksie teen apartheid en Afrikaner nasionalisme eerder as dat daar gefokus word op gereformeerde teologie.

Hier volg ’n paar aanhalings van die dekaan:

Hallo, I am Prof Jerry Pillay, the dean of the Faculty of Theology and Religion.

Theology, like most other academic disciplines has suffered a continuous struggle with colonial and western influences imposed over the centuries. For the major part of its history the faculty focused on traditional, classical conservative, western and eurocentric theologies, promoting Afrikaner nationalism and justifying apartheid. Of course it was only inevitable with time and the establishment of a democratic state in South Africa that this would be challenged and it was certainly was challenged.

The centenary year embraced the theme: Gateway to expressing the intention to foster inclusivity, diversity and openness to new ideas, epistemologies and equity.

Church partners are an important part of the faculty. We have discussed with them the need to embrace inclusivity, diversity and equality and these values are intentionally factored into our teaching and learning content.

Language has been a challenge. Especially with some of our church partners relying on the use of Afrikaans. However, the faculty has adopted a language plan that encourages transformation and inclusion in accordance with the UP language policy. All first year modules are taught in English. Only church specific modules are taught in Afrikaans. There is now a greater diversity and inclusivity of students in classes.

We consciously link our material with the social context of Africa and South Africa in particular. In the different themes and topics we are careful to include current discussions about racism, poverty, gender, sexuality, environmental issues, church and society and social justice issues.

While we have not totally discarded western epistemologies we are integrating these with African ideas, worldviews, experiences and indigenous knowledge systems. The idea is that the African way of life should become a dominant discourse. We are conscious of our location…

We are consciously giving more attention to black theology, African Christian theology, liberation theology, feminist theology, womanist theology, urban theology, etc. All of these never really surfaced in the faculty prior to our democracy in South Africa.

We have virtually done away with exams and instead access students on class participation, assignments, group work and oral exams.

We have provided opportunities for community engagements and requested our church partners to join in these programs to steer diversity and inclusivity instead of embarking on their own programs. Church partners are in agreement and in support of this particular initiative.

The faculty is consciously seeking to move from a reformed confessional faculty to an ecumenical one, embracing a variety of christian denominations and traditions. Currently we have more than 33 different denominations participating in the faculty.

The faculty is also working with other religions, especially in our post graduate programs in religion studies. This undoubtedly provides for further inclusivity which would in time have an impact on our teaching and learning curriculum as well.

We have insisted that study guides must be updated with recent scholars within the last 10 years and they must reflect and include prominent African scholars.

Die vraag is: wat presies word hier bedoel?

Eerstens is die vlak van politieke korrektheid verstommend! Die woord “inclusivity”, of ’n verbuiging daarvan kom ’n volle ses keer voor. Daar word ook geen geheim daarvan gemaak dat daar wegbeweeg word van alles wat westers is nie: Afrikaans, kolonialisme, nasionalisme, eurosentrisme, westerse teologie en teoloë/geleerdes (“scholars”).

Tweedens is die benadering om meer aandag te gee aan “black theology, African Christian theology, liberation theology, feminist theology, womanist theology, urban theology, etc.”

Maar wat beteken laasgenoemde in praktyk?

Ek het met ’n paar mense gesels wat tans teologie studeer by UP of wat onlangs hulle studies daar voltooi het. Hulle het basies die volgende vir my gesê:

Binne die gereformeerde teologie was die korrekte toepassing van hermeneutiek nog altyd uiters belangrik: om die Bybel binne konteks te lees, te verstaan wat dit vir ons wil sê en dan ons optrede daarvolgens aan te pas. Dit is egter nie meer vandag die geval by teologiese fakulteite nie: By die teologiese fakulteit gaan dit alles oor hoe die leser dit binne sy kultuurraamwerk ervaar. Dit gaan nie oor wat die Bybel wil sê nie. Kulturele identiteit staan sentraal. Dit gaan daaroor om die Bybel te interpreteer sodat dit by elkeen se kultuur inpas – die Bybel word nie gebruik om kulture te vorm nie.

Al die verskillende teologieë wat genoem word, is postmodernisties en humanisties. Dit word beskryf as resepsie kritiek, wat volledig fokus op die leser en sy identiteit. Byvoorbeeld, wat ervaar ’n feminis wanneer sy die Bybel lees? Hoe kan ons die Bybel só interpreteer dat ’n feminis nie geaffronteer voel nie?

Hier is in kort wat bedoel word met elkeen van die genoemde terme:

  • “urban theology” of stedelike teologie: Hierdie teologie gaan so ver as om die Bybel te gebruik om jou siening oor die stad te versterk soos dit in jou verwysingsraamwerk inpas. Dus, afhangende van jou kultuur kan dit gratis behuising en sosialisme beteken. Trouens, gratis behuising en sosialisme word nie net openlik bevorder nie, maar enige teenstand daarteen word as haatspraak gesien.
  • “African Christian theology” of Afrika Christelike teologie (hoe kan die Bybel aanvaarbaar gemaak word vir die Afrikakultuur?): Omdat kultuur sentraal staan, sal daar gekyk word hoe die Bybel byvoorbeeld voorvaderaanbidding komplimenteer. Omdat ubuntu en sosialisme gewoonlik deel is van die swart kultuur, sal baie swart studente die Bybel gebruik om hierdie elemente in hulle kultuur te versterk.
  • “black theology” of swart teologie (hoe kan die Bybel aanvaarbaar gemaak word vir die swart kultuur?): Hierdie kom neer op kritieke rasteorie, waar mense verdeel word in onderdrukkers en onderdruktes enkel alleen op grond van velkleur. As jy swart is word jy onderdruk en as jy wit is, is jy ’n verdrukker. Daar sal oorvleueling wees met Afrika Christelike teologie. Dit sal die belydenis van Belhar insluit. Trouens, op ’n stadium was studente vrywillig-verplig om die Belydenis van Belhar te onderskryf voordat hulle gelegitimeer kon word. Hierdie praktyk word darem deesdae nie meer gedoen nie.
  • “liberation theology” of bevrydingsteologie (wat ervaar onderdruktes as hulle die Bybel lees?): Hier word ’n oordrewe klem geplaas op die regte van die verdrukte. As jy arm is, word jy verdruk en as jy ryk is, is jy ’n verdrukker. Daarom die klem op sosialisme. As jy konserwatief, behoudend of gereformeerd is en jy verwag van paartjies om nie seks voor die huwelik te hê of saam te bly nie, dan onderdruk jy hulle omdat jy jou standpunte op hulle af forseer.
  • “womanist theology” of vroulike teologie (hoe kan die Bybel aanvaarbaar gemaak word vir vroue?): ‘n Voorbeeld hiervan is behandel in die vak, seksuele etiek, waar die skrywer Natalie Watson in Introducing feminist ecclesiology, beweer dat die doop nie genoeg maak van klein dogtertjies se seksualiteit nie. Of dat vrouens se maandstondes nie genoegsaam deel vorm van eredienste se liturgie nie.
  • “feminist theology” of feministiese teologie (hoe kan die Bybel aanvaarbaar gemaak word vir feministe?): Die idee dat die man die hoof van die huis is en dat God slegs as manlik aangespreek kan word, word verwerp, want dit gee aanstoot tot feministe. Daar word ’n oordrewe klem geplaas op vroueregte. Baie klem word gelê op die onreg wat spesifiek aan vroue in die wêreld gedoen word (geweld teen vroue) en die ongelykheid tussen mans en vroue in die wêreld. Dit gaan alles daaroor om weg te beweeg van ’n sogenaamde patriargale sisteem. Aborsie is deel hiervan. Feministiese teologie glo dat vroue die reg het om oor hulle eie liggame te besluit, dus het hulle die reg om hulle babas te aborteer. Die idee dat vroue nie aborsies mag ondergaan nie kom neer op vroulike onderdrukking deur ‘n patriargale sisteem. Hierdie benadering word baie goed geïllustreer tydens ’n RSG gesprek, RSG: NG Kerk teologiese dosent is pro-aborsie. Daar is al selfs gesê dat ’n fetus ’n parasiet is wat die vrou se liggaam beskadig en dat dit haar reg is om daarvan ontslae te raak. Sommige dosente ontmoedig selfs dame studente om kinders te kry of te trou, want dit ondersteun die patriargale sisteem.

Die implikasie van hierdie benadering is dat die idee van sonde totaal verwerp word. As jou kultuur en identiteit prioriteit geniet bo die Bybel, dan het jy ook nie sonde nie. Dit vernietig ook die hele rede vir Jesus se kruisdood.

Aangaande die stelling: “The faculty is consciously seeking to move from a reformed confessional faculty to an ecumenical one, embracing a variety of christian denominations and traditions.”

“reformed confessional” beteken gereformeerde belydenis; dat Christene hulle denke en lewenswyse onderhewig maak aan God en die Bybel. Dit wil sê, ons praat en argumenteer vanuit die Bybel. Die teologiese fakulteit beweeg dus weg van hierdie benadering. Hulle wil nou ruimte maak vir almal, selfs nie-gelowiges, want as belydenisse verwerp word, beteken dit dat dit nie nodig is om ’n Christen te wees nie. ’n Predikant kan selfs ’n uitgesproke ateïs wees. Daar is reeds heelwat byvoorbeelde hiervan in die wêreld, soos Klaas Hendrikse.

Aangaande die stelling: “We have insisted that study guides must be updated with recent scholars within the last 10 years and they must reflect and include prominent African scholars.”

Dit is ’n algemene gebruik om nuwer navorsing in universiteite te gebruik, maar dit word gewoonlik gedoen deur hierdie nuwe navorsing te evalueer. Hierdie stelling sê dat hulle nie meer die navorsing evalueer nie, maar eerder dat hulle slegs Afrikaskrywers insluit. Dit beteken ook dat hulle moeite doen om skrywers soos Calvyn van die leeslyste af te verwyder.

Die studente wat hierdie inligting verskaf het, verkies om anoniem te bly uit vrees vir viktimisering.

******

Volgens Hannes Windell, huidige voorsitter van die NG Kerk se kuratorium, is hierdie visie nie nuut nie, maar kom dit alreeds vanaf 2016. Die teologiese studente waarmee ek in gesprek was het dit bevestig. Die een student se reaksie was: “Ja, indien nie vroeër nie.”

Ten spyte daarvan het die kuratorium van die NG Kerk nog nie een keer ’n rooi vlag opgesteek nie. Inteendeel het Frederick Marais, voorsitter van die algemene kuratorium, op 7 September 2021 (ongeveer 20 dae na hierdie kurrikulum gepubliseer is) die teologiese fakulteite verdedig in ’n onderhoud – kyk Kommentaar: Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais (7 Sep 2021).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui