Verslag van die Algemene Kuratorium aan ASM Mei 2022

Die volgende is ’n verslag van die algemene kuratorium (AK) aan die algemene sinode moderamen (ASM). Die volgende artikel het kort hierna verskyn waaruit heelwat reaksie gevolg het in die media:

Die skakels en voetnotas is nie deel van die oorspronklike verslag nie.

*******

Verslag van die Algemene Kuratorium (AK) aan die ASM

17-20 Mei 2022

eMseni

1. Inleiding:

Teologiese Opleiding(TO) bly in die brandpunt van kerklike gesprekke, en sedert die vorige vergadering van die ASM, het dié gesprekke met intensiteit voortgegaan en toegeneem. Die AK sien dit as ‘n geleentheid om die kerk te begelei in ‘n proses waar ons oor TO en die ooreengekome ooreenkomste en prosesse duidelikheid te kry en nodige uitklaring kan kom. Daar is legitieme vrae in die kerk wat aandag verdien. Daar is egter groepe in die kerk wat die geakkrediteerde instellings waar die NGK se opleiding plaasvind, verdag maak en aktief meewerk daaraan om hierdie instellings in diskrediet by die kerklike publiek te bring.

In hierdie verslag wil die AK voorstelle maak om hierdie proses van verdagmakery te help omkeer sodat daar weer in die kerk vertroue in TO sal wees. Die AK het by die vorige ASM hieroor bepaalde ondernemings gemaak en gee oa graag hieroor verslag.

2. Wat is die aard en inhoud van die kritiek teenoor Teologiese Opleiding:

Tydens die vorige vergadering van die ASM was daar ruim gesprek oor vrae, navrae en kritiek teenoor teologiese opleiding. Die AK het die sake ter harte geneem.
Die gesprek het egter ook in die openbare pers en op sosiale media voortgegaan. Ons noem ‘n paar voorbeelde.

In die reses het die Kairos netwerk ‘n verslag bekend gemaak op hulle webwef waarin hulle tot die konklusie kom dat die drie Teologiese Fakulteite nie genoegsame gereformeerde teologie aan die Fakulteite geleer word nie en daarom stel hulle voor dat die NGK in die toekoms aan die Fakulteit Teologie NWU en die APK akademie.[1] Die AK, die dekane van die Fakulteite of enige van die kuratoria is nie in die proses geken nie. Daar is in die publieke pers, oa in Rapport, en op sosiale media, breedvoerig hieroor berig en gesprek gevoer en hierdie boodskap het ‘n breë persepsie in die publiek gevorm.
Die konferensie van die Gender Eenheid aan die Fakulteit Teologie, Queering the Prophet, het ook breë belangstelling gelok en uit Namibië is daar ‘n video op sosiale media versprei[2] wat so skerp veroordelend was dat dit grens aan haat spraak. Ook weer sonder dat daar met die fakulteit of die kuratorium in gesprek getree is. Hoewel die Dagbestuur van die Kuratorium van die Weskaap hieroor ‘n verklaring uitgereik het waarin hulle gewaarsku het dat die kommunikasie oor die konferensie verwarring skep wat onwenslik is. Weer uit die Kairos geledere het prof Hoffie Hofmeyr in die pers oa die fakulteit beskuldig van ‘n marksistiese teologie.

Daar is tans op Kairos netwerk se webblad berigte oor dosente se teologiese- en belydenis-standpunte wat gebaseer is op ‘n anonieme oudstudent se persepsie oor dosente aan die fakulteit.[3]

Op ‘n byna daaglikse basis word funksionarisse van die kuratoria gekontak en ontvang beskuldigings ens wat gebaseer is op bg perspesies.

Dit is duidelik uit hierdie voorbeelde dat die klowe tov teologiese opleiding vergroot wanneer ons sȯ met mekaar kommunikeer. Indien ons so sou voortgaan sal dit vir Teologiese Opleiding in die NGK baie nadelige gevolge hê.

3. Terugvoer van gesprekke oor Teologiese Opleiding by Sinodesittings:

Sedert die vorige ASM het die Sinodes van die Vrystaat, Namibië en Noordkaap plaasgevind. By elkeen van die Sinodes is daar uitvoerig oor Teologiese Opleiding gesprek gevoer en besluite geneem. Die AK kon kennis neem van eersgenoemde twee op ons afgelope vergadering. Van die voorstelle wat later in die verslag kom is pogings om op bogenoemde voorstelle en spesifiek ten opsigte van sake te reageer:

  • Daar is vrae oor die wenslikheid dat studente by Ekumeniese fakulteite aan Publieke Universiteite opgelei word?
    Die AK het by herhaling aangetoon[4] dat daar baie groot winste vir ons opleiding en studente daarin is om in Ekumeniese Fakulteite opgelei te word en volstaan daarmee. Gesprekke hieroor leer ons dat hierdie vrae meestal kom uit ‘n gebrek aan inligting.
  • Daar is bekommernis oor die verwydering en agterdog wat daar tussen die kerk en teologiese dosente plaasgevind het. Die Sinode van Namibië vra pertinent dat daar nie net fokus op die kurrikula nie, maar ook op die leer en lewe van die leermeester (dosent). Hulle versoek dat ook dosente se funksionering in lyn gebring word met die Raamwerk vir missionale kapasiteite van die AK soos goedgekeur deur die AS2019. Uit die Vrystaat Sinode was daar ‘n soortgelyke versoek wat vrae dat ons dosente.
    Die AK deel hierdie kommer en wil graag in vennootskap met Sinodes op ‘n sistemiese vlak hegter bande tussen die kerk en die dosente ontwikkel. (Sien weer voorstelle oor Taakspanne vir Teologiese Opleiding in Sinodes en die voorstel oor ‘n “amp” as Kerklike Dosent.
  • Noordkaap Sinode het in hulle Herderlike Skrywe hulle dank uitgespreek oor die verantwoordelike manier waarop Teologiese Opleiding in die NGK gedoen word.
    Die AK is dankbaar oor hierdie terugvoer.
  • Daar is uit die Sinodes versoeke dat daar ‘n ruimte geskep word sodat daar groter helderheid kan kom tov die leer en lewe van Dosente wat ons studente oplei. Hoe meer helderheid daar is, hoe meer vertroue sal daar wees.

Die AK wil hierdie ondervang deur die ontwikkeling van twee meganismes:

1. ‘n Protokol vir Navrae oor die leer en lewe van dosente. Die doel van die protokol is om ‘n veilige ruimte te ontwikkel waarbinne daar direk met kuratoria en dosente gesprek gevoer kan word oor bogenoemde.

2. ‘n Afdwingbare beleid oor Sosiale Media wat predikante en ampsdraers van die NGK verbied om Sosiale Media platforms te gebruik om veralgemeende, nadelige en verdagmakende berigte oor Teologiese Opleiding te publiseer.

3. Die AK en kuratoria, kommunikeer met Sinodes(Taakspanne vir Teologiese Opleiding in Sinodes) en Ringe en nie met drukgroepe in die kerk nie.

  • Daar is vrae oor hoe en of Dosente ook as kerklike teoloë te akkrediteer?
    Die AK werk aan voorstelle in die skep van ‘n institusionele ruimte waarin dosente se verbondenheid en verbintenis aan die kerk kan verstewig.

Uit bg voorstelle is dit duidelik dat wanneer die kommunikasie binne die strukture van die kerk plaasvind daar positiewe en konstruktiewe oplossings gevind kan word.

4. Kuratoria en Taakspanne vir Teologiese Opleiding:

4.1 Daar is tans vier Kuratoria gevestig by die Fakulteit Teologie van Pretoria, Vrystaat en Stellenbosch (sluit Hugenote Kollege in) en ook in Windhoek by NETS. As gevolg van die meerdere bane van opleiding waar ‘n groeiende getal studente deeltyds of aanlyn vanuit hulle tuis gemeentes studeer, is dit noodsaaklik dat daar in elke Sinode waar daar nie ‘n Kuratorium is nie, ‘n Taakspan vir Teologiese Opleiding gevestig sal word.

Voorstel:

Die ASM versoek Sinodes waar daar nie ‘n Kuratorium in die Sinode gevestig is nie soos KZN, Ooskaap, Noordkaap, Goudveld, Hoëveld, Oostelike Sinode en Noordelike Sinode om taakspanne vir Teologiese Opleiding te vestig om die Kuratoria te ondersteun in hulle werk.

Motivering:

Sinodes vaardig persone af na Kuratoria en die AK maar het dikwels nie ‘n struktuur waarbinne hierdie verteenwoordiger verslag kan doen of waar werk uitgevoer kan word nie. Die groeiende getal deeltydse studente se begeleiding maak hierdie noodsaaklik.

4.2 Gesprek met die Teologiese Fakulteit by NWU

Op versoek van die Sinode van Goudland en die Kuratorium van die Vrystaat, vaardig AK lede af om NWU te besoek en navraag doen oor kurrikula in die fakulteit en aard van die verhouding tussen die Fakulteit en die Gereformeerde kerk?

Hannes Knoetse (Sameroeper) & Hannes Windell en Gideon (Vrystaat), Jaco Schoeman (Goudland) neem gesprek verder.

5. Terugvoer oor die 2030 Senario vir Teologiese Opleiding

By die vorige ASM vergadering het die AK ‘n uitgebreide verslag oor TO aan aan die ASM voorgelê en gevra vir terugvoer van die Sinodes. Die Senario is belyn met die 2030 Droomsenario van die AS. Ons herinner Sinodes om asb aandag te gee hieraan en aan die AK terugvoer te gee.

Die terugvoer wat ons van Kuratoria ontvang het dui daarop dat daar instemming is tov die breë trekke van die verslag, maar dat daar vrae is oor ingrypende aanpassings wat nodig is tov die huidige leerplanne en ooreenkomste met ons opleidingsvennote.

Voorlopige opmerkings oor tendense:

  • Groei in die beroeping van Diensleraars
  • Groei in die opleiding van bedienaars
  • Meer Sinodes neem deel aan die opleiding van Bedienaars
  • Profiel van studente verskuif na ‘n groeiende groep tweedeloopbaan en ‘n krimpende groep eersteloopbaan studente.

6. Standaardisering van die kurrikula van die onderskeie bane vir TO:

Opleidingsbane in die NG Kerk
Bane waarin opleiding geskied
Studie voorskrifte
Amp
Bevoegdheid

Bedienaar
Lidmate met ’n roeping vir spesifieke bedieningsarea. Ontvang opleiding om met meer bekwaamheid en vaardighede diens te lewer
Hugenote Kollege Kerklike diploma in bedieningsarea soos goedgekeur deur Alg Kuratorium. Aanlyn kursus olv mentor in die gemeente en studiefasiliteerder
12-18 maande
Bevestig as Ouderling of diaken met bevoegdheidsertifikaat in area van opleiding
Ring verleen bevoegdheid en bevestig as ouderling of diaken. Beskik oor bevoegdheid om in bedieningsarea diens te lewer olv predikant as mentor.
Bevoegdheid is ampsgebonde.
Standplaasleraar
Geroepenes as leraars in unieke kontekste waar die normale studie voorskrifte ontoepaslik is.
Akademies
Diploma in bediening soos bv NBI
Seminarium:
Aangepaste bedieningsvormingsprogram
Gelegitimeer as standplaasproponent en bevestig deur ring as standplaasleraar vir spesifieke
“standplaas”
Gemeenteleraar in die “standplaas” (unieke missionale konteks) en beroepbaar as leraar na soortgelyke standplaas. Word georden as leraars met preek- en sakramentsbevoegdheid
Diensleraar
Geroepenes wat hulle bekwaam om as diensleraars in ‘n toegespitste area van die bediening diens te lewer.
Akademies:
B Th graad indien ongegradueer.
Honneurs in Teologie indien gegradueer & opleiding in area van bediening &
Seminarium bedieningsvorming & prediking en erediensleiding
Gelegitimeer as proponent en beroepbaar na gemeentes in area van opleiding
Beroepbaar na gemeentes om te bedien in area van opleiding onder mentorskap van gemeenteleraar word georden as leraars met preek en sakrament bevoegdheid
Predikant: Residensieel-Voltyds
Geroepenes wat dmv voltydse residensiële studies hulle bekwaam as gemeenteleraars.
Akademies
B Div, M Div NG Dipl
Seminairum
Sesjaar program van bedieningsvorming gelyklopend met Akademiese studies
Gelegitimeer as proponent en beroepbaar na gemeentes
Beroepbaar as predikante na gemeentes en word georden as leraars
Nie-residensieel: Deeltyds
Geroepenes wat as tweede loopbaan studente hulle bekwaam as gemeenteleraars
Akademies;
B Th; Hon Teologie & M Th Bedieningspraktyk
Seminarium:
Program van bedieningsvorming gelyklopend met akademiese studies
Gelegitimeer as proponent en beroepbaar na gemeentes as
voltydse-, deeltydse-, tentmaker- of vastetermynpos predikante.
Beroepbaar as predikante na gemeentes en word georden as voltydse-, deeltydse-, tentmaker- of vastetermynpos predikante.

Nota: Seminarium verwys na die instelling van die Kuratorium waaronder “kerkeie opleiding” geskied

Dit val binne die mandaat en opdrag van die AK om toe te sien dat die KO’delike riglyne te om die onderskeie ampte in die kerk, verwerk word in gestandaardiseerde kurrikula.

6.1 Bedienaars: Aanlyn opleiding vanaf die HK platform in vennootskap met die plaaslike gemeente, mentor en aanbieder.

Daar is tans drie geakkrediteerde Bedienaarskursusse:

6.1.1 Preek en Erediensvaardigheid

6.1.2 Jeug en Familie

6.1.3 Beradingsvaardighede

6.2 Standplaasleraars:

Standplaasleraars is geroepenes wat opgelei is en ge-orden word in missionale kontekste waar die normale opleidingsvereistes nie toepaslik is nie. Die Kuratoria is tans met Sinodes (oa Noordkaap en Namibië en Weskaap) in gesprek om toepaslike kurrikula te standaardiseer. Prof Hannes Knoetse neem leiding nms die AK

6.2.1 Angolese Portugese en San (moontlik ook ander Afrika kerke/leraars)

Angolese Portugese

• Geografiese konteks van die spesifieke gemeenskap

Die Angolese Potugese was aanvanklik ‘n homogene groep wat op een plek naamlik Pomfret in SA gebly het sedert 1989. Tans vind ons dat gemeenskap verspreid woon in kleiner groeperinge. Gemeenskappe wat tans “gemeentes” het is Pomfret, Mahikeng, Zeerust en Oskraal. Daar is slegs twee leraars wat beide al bo 60 jarige ouderdom is en die twee vroue (on opgelei) wat leiding neem in die ander twee gemeentes is ook al oud. Tans is daar nie iemand wat die bediening in portugees sou kon voortsit op ‘n amptelike wyse as een van die leraars iet sou oorkom nie.

• Die geletterheids konteks van die gemeenskap

In al die gemeenskappe waar die Portuguese woon is daar skole (standaard?). Dus kan meeste lees en skryf. Gegewe die sosiaal- ekonomiese omstandighede van die persone beskik enkeles oor enige rekenaar vaardigheid. Hierdie groep praat Portugees en Engels en Tswana. Hulle erken slegs enkele Afrikaanse woorde.

Die opleiding wat die leraars ontvang het was deur die SAW en hoofsaaklik die ou Nehemia material. Met hierdie opleiding is hulle as standplaas leraars bevestig.deur wie?

• Die sosiale konteks van die gemeenskap

Hierdie gemeenskappe is baie sterk op hulle families gerig en weens die geskiedenis word hulle nie altyd in die Suid Afrikaanse gemeenskap aanvaar nie. Alhoewel die kinders in staatskole is en in engels skool gaan vind mens dat hulle huistaal steeds Portugees is maar dat hulle tog besig is om hulle Portuguese taalvaardigheid te verloor

• Die ekonomiese konteks van die gemeenskap

Met die Xenofobiese siening van die Afrikaanse bevolking kry hierdie persone ook moeilik werk binne die nuwe bestel. Meeste van hierdie persone leef in uiterste armoede.

6.2.2 San mense

• Geografiese konteks van die spesifieke gemeenskap

SA groepe – hierdie mense bestaan uit twee groepe maar almal bly bymekaar alhoewel aan weerskante “van die straat” en is du sook twee gemeentes, maar in een “dorp”.
Namibiese groep – woon in die noorde van Namibië oor ‘n uitgetrekte gebeid en bestaan uit verskillende taal groepe. Hier speel afstande, vervoer en infrastruktuur ‘n deurslaggewende rol.

  • Die geletterheids konteks van die gemeenskap

SA groepe – die meeste mense hier kan lees en skryf. Gegewe die sosiaal- ekonomiese omstandighede van die persone beskik enkeles oor enige rekenaar vaardigheid. Hierdie groep praat redelike Afrikaans.

Namibiese groep – Enkeles in hierdie gemeenskappe kan lees en skryf. Selfs van die gemeente leiers kan nie lees en skryf nie. Hier is geen elektroniese korrespondensie moontlik nie. Ek twyfel oor enige rekenaar vaardigheid. Kommunikasie is ook ‘n ander problem. Enkeles is Afrikaans vaardig.

  • Die sosiale konteks van die gemeenskap

SA Groepe – Baie sterk stam/taal gebonde. Meng nie regtig met mekaar nie.
Namibiese groepe – Baie sterk taal/stam gebonde. Verskillende stamme handhaaf verskillende lewenswyses sommige nog sterk nomadiese (gewoontes). Dus sukkel hulle om ‘n bestaan te maak deur op een plek te bly. Degnos het enkele vroeë kinder ontwikkelings projekte, sodra kinders hierdeur beweeg het moet hulle honderde kilometers van die habitat af in ‘n koshuis gaan bly tussen ander bevolkingsgroepe en in engels begin skool gaan. Baie kinders bly net ‘n rukkie en kom dan terug na die habitat waar hulle bly. Hierdie is een van die redes hoekom die geletterheidsvlakke nie werklik groei onder die San bevolking nie.

  • Die ekonomiese konteks van die gemeenskap

A.g.v die geografiese konteks asook die San se geskiedenis met die weermag is hierdie ‘n baie arm bevolkings groep. Hulle het geen eie bronne om regtig te kan bydra vir ondderig nie. In Namibië sorg Degnos eintlik ook fisies vir die mense.

6.2.3 Afrikaans sprekende gemeentes

  • Geografiese konteks van die spesifieke gemeenskap

Hier is ‘n wye verskeidenheid van gemeentes, maar dit is veral klein plattelandse gemeentes wat wesentlike afstande moet aflê om in ‘n groter dorp sake te kan doen. Gewoonlik is daar ook nie skole en dokters in die gemeentes nie. Maar dit kan ook moontlik middestad gemeentes wees.

  • Die geletterheids konteks van die gemeenskap

Goed

  • Die sosiale konteks van die gemeenskap

Gewoonlik ‘n familie groote gemeente met sterk patrigale of matrigale leierskap

  • Die ekonomiese konteks van die gemeenskap

Hier wissel dit weer van konteks. Klein plattelandse gemeente/groepe wat dikwels afgeleë is. Dit gaan hier oor getalle.

6.2.4 isiXhosa sprekende gemeentes uit hoofsaaklik informele kontekste in die Kaapse metropool

  • Geografiese konteks van die gemeentes – informele nedersettings eerste en tweede generasie isiXhosa’s uit Ooskaap.
  • Geletterdheid vlak- wisselend maar oorwegend persone met graad 10-12
  • Ekonomiese konteks- groot vlakke van werkloosheid en armoede. Voornemende studente is gemeenteleiers uit Afrika Onafhanklike Kerke sonder geboue en strukture en geen opleiding van geestelike leiers nie.

Kurrikulum vir standplaas leraars in verskillende kontekste

  • Groep wat nie kan lees en skryf – San mense Degnos .

Nehemia kursus op NQF 2

Bedienaars kursus – Gereformeerde teologie

Bedienaarskursus – Gereformeerde kerkbegrip.

Bedienaarskursus – Prediking en erediensvaardighede

Tydsduur van kursus 2-4 jaar

  • Groep wat nie toegang of vaardigheid het met rekenaar en elektroniese media

Nehemia kursus op NQF 5

Bedienaars kursus – Gereformeerde teologie

Bedienaarskursus – Gereformeerde kerkbegrip

Bedienaarskursus -Prediking en erediens vaardighede

Tydsduur 2-4 jaar

Voorstel:

ASM neem kennis en moedig Sinodes met soortgelyke uitdagings aan om met AK in gesprek te tree.

6.4 Diensleraars:

Die AK en die ATP is gereelde gesprek oor groeipyne tov die beroeping en indienstelling van Diensleraars in die kerk. Hierdie is ‘n nuwe leraars-amp in die kerk en daar is uit die aard van die saak voortgaande kommunikasie tussen die taakspanne en ook na die kerk hieroor nodig.

6.5 Leraars

Opleiding in grondtale:

Die AK is bekommerd oor die doseer kapasiteit in die grondtale en besluit om die dosente wat Grieks en Hebreeus doseer uit te nooi na ‘n gespreksgeleentheid oor die ontwikkeling van kapasiteit vir die toekoms en die moontlikheid om studente wat deeltyds studeer in die tale te onderrig. Daar is ook die behoefte om gesprek te voer oor die onderrig metodiek in die lig van die elektroniese hulpmiddele wat daar vandag beskikbaar is tov die aanleer en benutting van die grondtale. Die AK neem ook kennis dat HK in die proses is om kortkursusse in die grondtale te ontwikkel.

Nota: Dit is interessant en verblydend dat ‘n onlangse predikante paneel van Kerkspieel aangedui het dat ‘n hoë persentasie van predikante aantoon dat hulle voortgaan om in die bediening kennis en vaardighede van die grondtale te benut.

7. Gesprekke met drukgroepe in die kerk

7.1 Die AK lig die ASM in dat ons van oordeel is dat navrae en gesprek oor TO binne die strukture van die kerk (sien bv die verslag oor gesprekke met Sinodes oa) geskied en nie met drukgroepe buite die sisteme en strukture van die kerk nie. Onlangse ervaring het ons geleer dat daar baie moeilik konstruktiewe gesprekke kan kom met groepe wat nie ‘n “locus standi” in die kerk het nie. Ons sal die ASM se leiding hierin waardeer.

Die AK bevestig dat dit elke lidmaat en ampsdraer of verteenwoordigers van kerkelike strukture, welkom is om navrae te doen oor hoe TO werk of navrae oor bekommernisse wat hulle graag wil uitklaar. Ons verwelkom sulke gesprekke en sal waar nodig inligting gee en gesprekke fasiliteer.

7.2 Die AK versoek die ASM om die bestaande protokol oor Sosiale Media, afdwingbaar te maak. Die feit dat ampsdraers van die kerk na willens en wetens hulleself die reg toeëien om uitsprake oor die kerk ( insluitend TO) te maak, sonder dat hulle daaroor tot verantwoording geroep word, erodeer vertroue in die kerk en benadeel die bou van onderlinge vertroue. Tans is dit die stand van sake dat daar geen verantwoordbaarheid gevra en geëis word nie.

8. Kerklike posisie van Dosente aan geakkrediteerde opleidingsinstellings:

a. AK aanvaar daar is ‘n behoefte en noodsaak is om die verhouding tussen die kerk, die dosente en opleidingsinstansies wat deur die kerk geakkrediteer is te versterk. Die aanbod vir goeie geakkrediteerde opleiding deur universiteite is vir die Algemene Kuratorium uiters belangrik en ons wil bly werk aan die versterking van die verhouding tussen die kerk en dosente aan hierdie instellings.

b. AK neem kennis dat daar voortdurend navrae en besorgdheid is oor teologiese opleiding in die kerk. AK versoek die kerk om met plaaslike kuratoria in gesprek te tree oor sake waaroor hulle besorg is en gee die versekering dat die navrae met erns hanteer sal word. Kommentaar wat veralgemeende van aard is en kommentaar lewer sonder gesprek met die betrokke dosent of instelling het ‘n nadelige uitwerking op die vertroue in teologiese opleiding. Dit kan nie meer verder so voortgaan nie.

c. Om hierdie rede skep die AK ‘n meganisme om spesifieke navrae in die leergemeenskap van Teologiese Opleiding oor die leer en lewe van dosente/studente/personeel op ‘n ordelike en billike manier te hanteer. Die AK kom ooreen dat navrae soos volg deur die Kuratoria hanteer sal word:

i. Navrae/vrae word op skrif gestel en aan die betrokke Kuratorium gegee.

ii. Die navraag word deur die Kuratorium hanteer binne die groter teologiese tema waarbinne dit hoort. Dit sou bv kon wees: Skrifgesag Hermeunetiek; Skrifuitleg; Christologie; Sondebegrip ens

iii. die kuratorium (indien nodig in samewerking met ander sinodale bedienings soos bv STLAS) bepaal die resente en relevante kerklike beleid hieroor, wat kan dien as raamwerk waarbinne die gesprek plaasvind. Bv oor Skrifbeskouing en Skrifgesag kan die AS besluite van 2002 en 2004 gebriuk word ens. LW die raamwerk is dus die kerk se standpunt of beleid oor die aangeleentheid ter sprake en nie akademiese teorieë nie. Uit die aard van die saak sal die Belydenisskrifte en die Skrif ook deel van die raamwerk kon wees.

iv. Eerste aanmeldings gesprek: Die Kuratorium nooi die dosent na ‘n gesprek waarin die navraag in persoon met die dosent oorgedra word. Aangesien die raamwerk die kerk se standpunt oor die aangeleentheid is, sou die dosent se standpunt en siening oor die kerk se beleid hieroor ter sprake kan kom.

v. Gesprek met die studente of persoon wat die navraag doen: In ‘n opvolg gesprek word die student ook innooi in ‘n gesprek. Hierdie kan ‘n reeks gesprekke wees totdat die dosent en die persoon wat die navraag gedoen het tevrede is dat vrae beantwoord is, en vrae uitgeklaar is.

vi. Indien nodig sou hierdie gesprekke opgevolg kon word met kerkregtelike gesprekke soos bepaal in die KO.

Voorstel:

Die Moderamen keur die voorgestelde protokol vir die hantering van navrae oor Teologiese Opleiding goed en versoek Sinodes om persone met navrae oor Teologiese Opleiding aan te moedig om van die protokol gebruik te maak.

4. AK neem kennis van die besluit van die sinode van Namibië oor ‘n Matt 18 pad met die AS en die verwysing na “die bestuur van Teologiese Opleiding” in die besluit. Die voorsitter van die AK is genooi om deel te neem aan die beraad tussen lede van die Dagbestuur van die Moderamen en ‘n afvaardiging van die Namibiese Sinode en die Kuratorium van die Namibiese Sinode het voorsitter van die AK en skriba van ATLAS genooi vir ‘n besoek aan Namibië 20-22 Mei 2022.

6. Algemene Dosenteraad: AK is nou gereed om voort te gaan om ‘n Algemene Dosenteraad (ADR) as subtaakspan van die AK. Die ADR sal bestaan uit dosente vanuit ons geakkrediteerde opleidingsinstellings en wat gelegitimeerde leraar van die NGK is(Kategorie A5 en A6 vlg die register van ABR). Die ADR sal dien as ‘n platform waar doserende teoloë as kerkelike teoloë met die kerk in gesprek sal tree en omgekeerd.
Daar word oorweging geskenk aan die moontlikheid om Dosente van die NGK aan geakkrediteerde opleidingsinstellings van die kerk uit te nooi om ‘n “Doctores” Amp of die Amp van Kerklike Dosent op te neem. Daar is tans meer as 30 dosente wat gelegitimeerdes van die NGK is wat doseer aan die geakkrediteerde Fakulteite NETS en HK. Sommige van hierdie dosente is aangestel as dosente van die NGK terwyl die meeste van hierdie dosnete is aangestel as Akademiese Teoloë aan bg instellings. Die kerk is dus slegs by wyse van hulle legitimasie ‘n band met hierdie dosente.
Die gedagte is om hierdie dosente wat geroepe is om ook as Kerklike Teoloë diens te lewer aan die kerk, te bevestig in ‘n “Docotres” amp as kerklike teoloog van die NGK. Neem verder in ag dat die AS het reeds in 2019 besluit dat 10 dosente na die AS afgevaardig word met volle stemreg. Die Kuratoria is tans in gesprek met hulle Dosenterade om terugvoer te ontvang.

Voorstel:

  1. Die ASM neem kennis van die AK se besluit om ‘n Algemene Dosenteraad in die lewe te roep. Versoek die ATR om in samewerking met die AK ‘n reglement te ontwikkel vir die ADS wat as subtaakspan van die AK sal funksioneer met die oog op goedkeuring by die AS van 2023.
  2. Die ASM neem kennis van die voorstel van die AK tov die skep van ‘n “amp” vir kerklike teoloë met die doel om die band tussen dosente en die kerk te verstewig. Versoek die ATR om wanneer die AK gereed is, aan voorstelle in hierdie verband te werk met verslag aan die volgende ASM en goedkeuring by die AS van 2023.

Voetnotas

Die volgende voetnotas was nie deel van die oorspronklike verslag nie.

[1] Kyk Kairos Netwerk Nuusbrief – 24 Sep 2021 en Kairos Netwerk Nuusbrief – 3 Des 2021 (Teologiese opleiding).

[2] Waarskynlik die video van Dubois du Toit. Kyk Kommentaar: Dubois du Toit in gesprek met Frederick Marais (7 Sep 2021)

[3] Dit is onseker waarna verwys word, maar kyk:

[4] Kyk onder andere Die NG Kerk en Teologiese Opleiding | Frederick Marais (26 Okt 2021)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui