Verwysing na skrywers in die Ou Testament voor die tyd van Dawid

Die volgende verse in die Bybel voor Dawid se tyd, verwys na skrywers, wat ‘n aanduiding is dat die eerste boeke in die Bybel reeds baie vroeg opgeskryf is en nie vir die eerste keer in ballingskap geskryf is nie. Die eerste verwysing is na Moses wat die Wet opgeskryf het in 1491 vC, die jaar van die uittog uit Egipte.

Eksodus 17: (14)Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in ‘n boek as ‘n blywende herinnering …”

Eksodus 24: (4)Toe het Moses al die gebooie van die Here neergeskryf.

Eksodus 24: (12)Toe sê die Here vir Moses: “Klim nou die berg verder uit … dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het…”

Eksodus 31: (18)… Dit is die plat klippe waarop God met sy vinger geskryf het.

Eksodus 32: (15)Aan weerskante was daar op hulle [twee plat klippe] geskryf,

Eksodus 34: (1)Die Here het vir Moses gesê: “… Ek sal op die klippe die gebooie skryf …

Eksodus 34: (27)… “Teken al hierdie gebooie op, want hierop berus my verbond …” (28)… Hy het die verbondsbepalings, die tien gebooie, op die plat klippe geskryf.

Numeri 1: (1)Die Here het met Moses gepraat in die tent van ontmoeting in die Sinaiwoestyn. … Die Here het gesê: “Jy en Aäron moet al die Israeliete man vir man tel volgens afkoms en familie; skryf die name op van elke manlike persoon …

Numeri 3: (43)Die manlike eersgeborenes van ‘n maand en ouer wie se name opgeskryf is, …

Numeri 4: (33)… Hulle het al die manlike persone van tussen dertig en vyftig jaar opgeskryf, …

Numeri 11: (26)Twee van die manne onder dié wat opgeskryf was, …

Numeri 17: (2)“Vra vir die Israeliete twaalf kieries, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Skryf die naam van elke leier op sy kierie.

Numeri 17: (3)Op Levi se kierie moet jy Aäron se naam skryf. …

Numeri 33: (2)Op bevel van die Here het Moses soos hulle getrek het die name van die kampplekke aangeteken.

Deuteronomium 4: (13)… die tien gebooie wat Hy op die twee plat klippe geskryf het.

Deuteronomium 5: (22)“… Daarna het Hy dit op twee plat klippe geskryf en dit vir my gegee.”

Deuteronomium 6: (9)Skryf dit [gebooie] op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Deuteronomium 9: (9)… die plat klippe waarop die Here die bepalings van sy verbond met julle geskryf het. …

Deuteronomium 9: (10)Die Here het vir my die twee plat klippe gegee waarop met sy eie vinger al die woorde geskryf was …

Deuteronomium 10: (2)Ek sal op die klippe die gebooie skryf wat op die voriges was wat jy stukkend gegooi het. …’

Deuteronomium 10: (4)Die Here het in dieselfde skrif as tevore die tien gebooie geskryf …

Deuteronomium 11: (20)Skryf dit [gebooie] op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Deuteronomium 24: (1)“… Dan mag hy ‘n skeibrief skryf …

Deuteronomium 24: (3)… skeibrief skryf …

Deuteronomium 27: (3)Wanneer jy deurtrek om die land in te gaan, … moet jy al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf.

Deuteronomium 27: (8)Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”

Deuteronomium 28: (58)“Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is …

Deuteronomium 29: (20)… elke vloek wat in hierdie boek opgeteken is, sal hom tref.

Deuteronomium 29: (21)… en in hierdie wet opgeteken is.

Deuteronomium 29: (27)… het Hy al die strawwe wat in hierdie boek opgeteken is, oor die land gebring.

Deuteronomium 30: (8)… Wanneer jy die Here jou God gehoorsaam en sy gebooie en voorskrifte nakom wat opgeteken is in hierdie wetboek, …

Deuteronomium 31: (9)Moses het toe hierdie wet opgeskryf …

Deuteronomium 31: (22)Moses het daardie selfde dag nog die lied opgeteken en dit vir die Israeliete geleer.

Deuteronomium 31: (24)Toe Moses hierdie wet, tot die laaste woord toe, in ‘n boek opgeteken het,

Josua 1: (8)Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. …

Josua 8: (31)soos Moses, die dienaar van die Here, die Israeliete beveel het en soos dit geskryf staan in die wetboek van Moses: …

Josua 8: (34)Daarna het Josua alles wat die wet sê, die seën sowel as die straf, voorgelees, net soos dit geskryf staan in die wetboek.

Josua 18: (9)Die manne is weg en het die land deurgegaan en in ‘n boek ‘n beskrywing van die sewe dele opgeteken, stad vir stad. …

Josua 23: (6)“Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. …

Josua 24: (26)Hy het dié dinge in die wetboek van God opgeskryf, …

Rigters 8: (14)Hy [Gideon] het ‘n jong man uit Sukkot gevang en hom ondervra. Die jong man het toe vir hom die name van die sewe en sewentig amptenare en leiers van Sukkot opgeskryf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui