Verwysings in die Bybel na die uittog uit Egipte

In sommige kringe word beweer dat die uittog uit Egipte nooit gebeur het nie. Dit is eintlik onrealisties omdat die vraag dan ontstaan waar die Jode se Pasga van vandaan kom. Verder is die Bybel baie duidelik daaroor: ‘n volle vier boeke in die Bybel (Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium) word aan die uittog uit Egipte gewy. Buiten hierdie boeke verwys die volgende dele in die Bybel ook na die uittog uit Egipte:

  1. 1 Samuel 4:8, 1 Samuel 6:6, 1 Samuel 12:8
  2. 2 Konings 17:36
  3. 2 Konings 18: (4)Hiskia … het ook die koperslang wat destyds deur Moses gemaak is, laat stukkend slaan, want tot nou toe het die Israeliete die koperslang met offers vereer. Die slang is Negustan genoem.
  4. Nehemia 9:10
  5. Psalm 78:
  6. Psalm 81: (6)…toe hulle uit Egipte weggetrek het… (11)Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
  7. Psalm 99: (6)Moses en Aäron was onder sy priesters, Samuel onder dié wat sy Naam aangeroep het. … (7)In ‘n wolkkolom het God met hulle gepraat, en hulle het sy voorskrifte gehoorsaam, die opdragte wat Hy hulle gegee het.
  8. Psalm 105: Beskrywing van die tien plae.
  9. Psalm 106:
  10. Psalm 135:9
  11. Psalm 136:15
  12. Jesaja 43: (16)So sê die Here, Hy wat ’n pad gemaak het deur die see, ’n deurgang deur die magtige waters, (17)Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, ’n leër op volle sterkte na sy ondergang toe. Hulle kon nie weer opstaan nie, dit was klaar met hulle, hulle is soos ’n lamppit uitgedoof.
  13. Jeremia 2:2,6-7
  14. Esegiël 20
  15. Daniël 9:15
  16. Hosea 12:14
  17. Amos 2:10
  18. Amos 5:25
  19. Miga 6:4-5
  20. Haggai 2:5
  21. Johannes 3:14
  22. Johannes 6:31-32
  23. Handelinge 7: Stefanus se toespraak
  24. Handelinge 13:17-19: Toespraak deur Paulus
  25. Romeine 9:17
  26. 1 Korintiërs 10:1-11
  27. Galasiërs 3
  28. 2 Timoteus 3: (8)Net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat in die verstand verward is en in die geloof ’n mislukking.
  29. Hebreërs 3:8,17
  30. Hebreërs 9:4
  31. Hebreërs 11:24

Sleutelwoorde: manna, woestyn, farao, Moses, Aäron, koperslang, uit Egipte gelei

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui