Kyk ook:
- NG Kerk algemene sinodes
- Die NG Kerk in 2022
- Namibië sinode 2022 (Maart)
- Sinode Noord-Kaapland 2022 (Mei)
- Oostelike Sinode 2022 (Augustus)
- Vrystaat Sinode 2023 (April)
Die Vrystaat se streeksinode vir 2022 het plaasgevind van 8 tot 10 Maart 2022.
Hier volg ’n kort opsomming van die sinode:
8 Maart 2022
Op die eerste dag word Jan Lubbe verkies as voorsitter (moderator):
- Honderde in Bloem byeen vir sinode, Jan Lubbe as voorsitter verkies (8 Maart 2022, Kerkbode)
’n Verslag oor selfdegeslagverbintenisse word bespreek. Daar word besluit om ’n taakspan aan te stel om met Vrystaatse gemeentes in gesprek te tree oor losmaking met die Algemene Sinode.
- Warm gesprek oor verslag op Vrystaatse sinode (8 Maart, Volksblad)
Ferdie Mulder het die volgende video gemaak oor die feit dat Jan Lubbe verkies is as voorsitter:
9 Maart 2022
Kerkbode reik die volgende twee videos uit:
- VIDEO: ‘Ja … daar is redelik spanning’ – afgevaardigdes gesels by sinode | Kerkbode
- VIDEO: ‘Die uitdaging is om vars te luister’ – Jan Lubbe | Kerkbode
Johan Janse van Rensburg en Juanita Meyer kry die geleentheid om hulle saak te stel oor die Vrystaatse teologiese fakulteit, beter bekend as xxxx:
- Teologiese opleiding: Universiteit bied tog veilige ruimte, hoor sinode (9 Mrt 2022, Kerkbode)
Die volgende video is ook gespeel tydens die sinode:
- Video: NG Kerk Vrystaat | Teologiese Opleiding 2022 (9 Mrt 2022)
10 Maart 2022
- Sinodesitting: Verwysing na God as ‘moeder’ ontstel leraar (10 Maart 2022, Volksblad)
- Opleiding: Groen lig vir nuwe ooreenkoms met Universiteit van die Vrystaat (10 Maart 2022, Kerkbode)
Die Vrystaat Sinode besluit om die Algemene Kuratorium te versoek om ’n vraelys van besorgdes in ontvangs te neem, waarop alle dosente die geleentheid kry om op deursigtige wyse te antwoord op vrae van besorgdes:
- Teologiese opleiding: Besorgdes wil dosente uitvra en daarna inligting deel (10 Maart, Kerkbode)
Die kans dat daar iets hiervan gaan kom is nie baie nie.
11 Maart 2022
Nadat die stof gaan lê het, het Jan Lubbe in ’n onderhoud op 18 Maart 2022 aangedui dat hy baie positief is oor die afgelope sinode:
- NG Kerk Vrystaat kies konsensuspad, sê nuwe moderator (18 Mrt 2022)
Opsomming van belangrike besluite
- SGV: Die sinode wil nie ’n verslag goedkeur wat sê dat selfdegeslagverbintenisse as sonde beskou word nie. Daar word besluit om ’n “meer gebalanseerde” taakspan aan te stel om voor September 2022 ’n nuwe voorstel te maak.
- Artikel 37: Daar word nie oor Artikel 37 gestem nie. Daar word besluit dat daar verder aan ’n verslag gewerk word wat na gemeentes en ringe vir bespreking verwys moet word, met terugvoering na die moderamen voor September vanjaar.
- Teologiese opleiding: Die sinode bevestig sy vertroue in die Teologiese fakulteit van die Universiteit van Vrystaat en besluit om die kontrak met nog vyf jaar te hernu. Dit word met ’n sterk meerderheid goedgekeur.
- Vraelys aan dosente: Pieter Prinsloo vra dat die Vrystaatse Sinode versoek dat teologiese dosente ’n vraelys beantwoord oor hulle teologiese sieninge. Daar word besluit dat Pieter die Algemene Kuratorium in sy persoonlike hoedanigheid moet nader daaroor.
Kyk ook
- NG Kerk Vrystaat: Oor opleiding vir dominees, beelde van God en ’n moontlike ‘uittog’ (16 Mrt 2022)
- ’n Plan vir verdeelde NG Kerk (Pieter Prinsloo, 17 Jul 2022)
- Al hoe meer besef: NG Kerk móét nou herskik (Pieter Prinsloo, 14 Aug 2022)
Op 30 September 2022 stuur die Vrystaatse Sinode die volgende kommunikasie uit na aanleiding van die besluit om gemeentes te besoek om losmaking met die Algemene Sinode te bespreek:
In November 2022 besoek ’n taakspan die Vrystaatse gemeentes. Die volgende verslag word ingedien voor die besoeke:
Op 18 April 2023 besluit die Vrystaatse sinode oor die uitvoering van artikel 37:
- Ek bid vir wysheid op buitengewone NG Sinode (Sybrand Strauss, 14 Apr 2023)