Kyk ook:
Die volgende kommunikasie is uitgestuur namens die Vrystaatse Sinode se moderamen.
Die volgende dokument is ook voorgelê: Redes waarom gemeentes vra om uit verband te tree
***********
30 September 2022
VIR AANDAG: AL DIE LERAARS EN GEMEENTES
NG KERK VRYSTAAT
Geagte broer en suster
STREEKSBYEENKOMSTE
Die Moderamen het besluit om drie byeenkomste deur die Vrystaat te hou met die oog op die komende buitengewone sinodesitting.
Die datums is soos volg:
- 7 November 2022: NG Gem Kroonheuwel-Noord
- 8 November 2022: NG Gem Langenhovenpark
- 9 November 2022: NG Gem Bethlehem-Wes
Die byeenkomste begin om 09:00 en duur tot 13:30.
Die sinode het drie studiegroepe aangewys wat by die geleenthede voorleggings sal doen, naamlik:
- Artikel 37 en Kerkverband
- Belydenisgrondslag
- Skrifgesag
- Die STK sal ook ʼn voorlegging doen oor die kerkregtelike implikasies van ʼn moontlike Artikel 37-proses.
- Die groep gemeentes wat vra vir ʼn onttrekking uit die Algemene Sinode sal ook ʼn kans kry om hulle saak voor te lê.
Dokumentasie hieroor sal net na die skoolvakansie vir almal gestuur word.
Die Interimkomitee se aanbeveling is dat ons ʼn een dag buitengewone sinodesitting vroeg in Maart 2023 hou.
Groete in Christus
Geteken DR LM FOOT
SKRIBA: MODERAMEN