Kyk ook:
- Anton van Niekerk
- Anton van Niekerk: Sal ons sonder haat kan leef? (Anton van Niekerk, 21 Nov 2023)
- Van Niekerk moet sy legitimering opsê (1 Des 2023, Bernhard Ficker)
- Wat sê mens van die huidige oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza? (18 Des 2023, Daniel Louw)
*******
Waarheid ekonomies oorgedra | Die Burger
Hennie Scholtz, Strand
Die Burger, 24 November 2023
Vir ’n gerekende akademikus en rubriekskrywer gaan prof. Anton van Niekerk darem baie ekonomies met die waarheid om in “Sal ons sonder haat kan leef?” (21.11).
Hy noem Hamas glad nie by die naam nie, daardie terreur-organisasie wat as uitsluitlike doel het die totale vernietiging van Israel en glad nie belang stel in ’n tweestaat-oplossing nie. Dat Israel se oorlog teen Hamas is, nie teen die Palestynse volk nie, verswyg hy gerieflikheidshalwe.
Dan verklaar hy met groot stelligheid dat slegs “die totale uitwissing van die Palestynse volk Israel tevrede sal stel”. Dis ’n infame onwaarheid. Israel het dit tog baie duidelik gestel dat sy oorlog net teen Hamas is, daardie organisasie wat sy tonnels onder hospitale grawe en nie omgee dat vroue en kinders as skilde dien nie.
Van Niekerk behoort hom te skaam om sy hele betoog te bou op vals en verdraaide aantygings, net soos sy tirade oor mense wat na die Wes-Kaap migreer (“Is dit die Groot Trek in trurat?”, 24.10).