Kyk ook:
NG gemeente Goedehoop in Secunda het die volgende skrywe aan hulle diakens uitgedeel om met lidmate te bespreek oor die redes vir opskorting.
Kyk ook hulle akte van opskorting (26 Februarie 2024).
*******
Waarom skort Goedehoop kerkverband op met die Algemene Sinode
Aan die einde van ons kategese, kry ons geleentheid om ons geloof voor die Here en sy gemeente te bely en dan maak ons ook sekere beloftes aan die Here. By die aflegging van geloofsbelydenis sê ons dan dat ons in die Here (Vader, Seun en Heilige Gees) glo en dat ons Hom liefhet. Ons sê ook dat ons ons kerk se gereformeerde leer glo en dat ons dit sal bly glo tot aan die einde van ons lewens. Dan beloof ons dat as ons nie meer glo nie of ons beloftes verbreek, dan mag ander lidmate en die kerkraad ons reghelp, en as ons nie na hulle wil luister nie, sal ons nie meer lidmate van die NG Kerk kan wees nie. Dit beteken dat ons vir die res van ons lewens gereeld seker sal moet maak of ons nog bly by ons belydenis en ons beloftes aan die Here. Ons wil ook graag goeie verhoudinge hê met ander mense (lidmate), gemeentes en kerkvergaderings wat net soos ons glo.
Nou is ons baie hartseer, want wanneer ons rondom ons kyk en wanneer ons na sekere kerkvergaderings se besluite kyk, sien ons al hoe meer mense, gemeentes en kerkvergaderings wat nie meer by die belydenis en beloftes bly nie. Ons kan dink aan die volgende voorbeelde:
[1] Daar is lidmate, predikante en dosente wat nie meer glo dat die Bybel die Woord van God is nie. Hulle sê mens kry wel woorde van God in die Bybel, maar alles is nie sy woorde nie en daarom hoef ons nie alles wat daarin geskryf is, te glo nie.
[2] Die Algemene Sinode, ander kerkvergaderings, party predikante en lidmate sê mans kan maar met mans trou en vrouens kan met vrouens trou.
[3] Die Algemene Sinode het besluit ons hoef nie meer te glo dat die duiwel regtig iemand is nie. Ons kan maar oor hom glo net wat ons wil.
[4] Daar is predikante en dosente wat dinge sê en leer wat bots met die Bybel.
[5] Die Algemene Sinode het besluit dis nie so verkeerd as mense wat nie getroud is saamslaap of saamwoon nie.
[6] In 2015 het die Algemene Sinode ook besluit dat predikante wat mans is, ook met mans ‘n verhouding kan hê en predikante wat vrouens is, kan met vrouens verhoudings hê. As gemeentes sulke mense wil trou, kan hulle dit ook maar doen.
[7] Daar is mense wat al hoe minder glo in die Bybel en al hoe meer wat glo dat die wetenskap bots met die Bybel.
[8] Daar is mense wat sê die Heilige Gees is nie die eintlike Pa van Jesus nie en ook nie weer opgestaan het nadat Hy aan die kruis gesterf het nie.
[9] Daar is al hoe meer dosente wat ander mense wat graag predikante wil word, verkeerde goed leer.
[10] Ons weet Jesus het gesê wanneer ons bid, moet ons begin met “Onse Vader wat…”. Nou is daar predikante en dosente wat sê ons moet begin met “Onse Moeder…”
Dit is so hartseer dat baie van dié mense oor die goed van die Bybel jok en hulle beskuldig mense soos ons en sê ons is net ‘n klomp moeilikheidmakers. Ons dink dit het nou tyd geword dat ons nie met hulle moet speel nie. Ons moet liewer nuwe maatjies soek.
Voetnotas
[1] Kyk Die NG Kerk en skrifgesag
[2] Kyk Die NG Kerk en homoseksualiteit
[3] Kyk Die NG Kerk en die duiwel/bose
[4] Kyk Die NG Kerk en teologiese opleiding
[5] Kyk 2011 NGK saamwoonbesluit
[6] Kyk punt 2
[7] Kyk Oor geloof en die wetenskap (2012) en Geloof en die wetenskap 2015
[8] Kyk Die NG Kerk en Jesus se maagdelike verwekking
[9] Kyk Getuienisse van NG Kerk teologiese studente
[10] Kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021