Woke

Daar is waarskynlik baie grade van “woke“, maar in die ergste graad beteken dit vandag:

  • As jy arm is, dan is jy ‘n slagoffer. As jy ryk is, dan is jy ‘n onderdrukker.
  • As jy wit is, is jy ‘n rassis. As jy swart is, kan jy nie ‘n rassis wees nie.
  • As witmens is jy met ‘n voordeel gebore en daarom is jy beter af as swartes. (Wit bevoorregting of i Engels, “White supremacy”)
  • Blankes moet vir hulle wit bevoorregting omverskoning vra.
  • Regstellende aksie is die antwoord vir die ongelykheid tussen swart en wit.
  • Woke is ‘n haat vir alles wat wit en westers is.
  • Woke het in die algemeen ‘n baie sosialistiese aanslag – rykdom moet verdeel word tussen almal om finansiële ongelykheid aan te spreek.

Waar kom die woord vandaan?

Die woord “woke” het sy oorsprong in African American Vernacular English (AAVE), waar dit oorspronklik verwys het na “wakker” of om “waaksaam” te wees vir sosiale en politieke kwessies, veral rasse-ongeregtigheid.

Afrikaanse vertaling

Omdat “woke” verwys na “awake” sou dit waarskynlik meer gepas wees om dit te vertaal as “wak”, wat na “wakker” verwys. Die woord “woke” word egter deurgaans deur die Afrikaanse hoofstroom media gebruik.

Ontwikkeling

In die 2010’s het die term hoofstroomaandag gekry deur die opkoms van bewegings soos Black Lives Matter (BLM), waar “woke” gebruik is om mense aan te moedig om bewus te bly van sistemiese rassisme en ander vorme van onderdrukking.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui