Die Bybel oor homoseksualiteit

Opsomming

Wanneer die Bybel eenvoudig gelees word (die voor die handliggende interpretasie), is dit baie duidelik dat die Bybel homoseksualiteit op ten minste vyf plekke in die Bybel veroordeel:

  1. Levitikus 18:22: Jy mag nie ’n homoseksuele verhouding hê nie. Dit is ’n afstootlike sonde. (Let daarop dat feitlik ál die voorskrifte in Levitikus 18 vandag nog net so geldig is.
  2. Levitikus 20:13: Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ’n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
  3. Romeine 1:27: Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.[1]
  4. 1 Korintiërs 6:9-10: (9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
  5. 1 Timoteus 1:9-10: (9)’n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, dié wat vader of moeder doodmaak, moordenaars, (10)ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders, leuenaars, dié wat meineed pleeg of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is.

Geen plek in die Bybel noem homoseksualiteit in ’n positiewe of selfs neutrale lig.

Inhoudsopgawe

1. Definisies
2. Aanhalings
3. Wat sê die Bybel?
4. Moderne homoseksualiteit ’n nuwe verskynsel
5. So gebore?
6. Nie ontwerp vir homoseksualiteit
7. Gaan gepaard met seksuele losbandigheid
8. Kinders van gay paartjies
9. Selibaat leef?
10. Homoseksuele optrede
11. Benadering tot die homoseksuele persoon
12. Verskil tussen homoseksuele en heteroseksuele mense wat homoseksualiteit beoefen?
13. Voorbeelde van mense wat genees is van homoseksualiteit
14. Opsomming
15. Kyk ook
16. Voetnotas

In die debat oor homoseksualiteit is dit baie belangrik om te onderskei tussen twee dinge:

  1. Is homoseksualiteit sonde?
  2. Wat is die benadering tot die homoseksuele persoon?

Dit moet apart bespreek word. Ek het al menigmaal ervaar dat ’n mens besig is om oor die eerste punt te gesels en dan word daar na punt 2 gespring. Dit skep verwarring en frustrasie. My ervaring is in elkgeval dat die meeste mense saamstem oor punt 2 – dit is nie nodig om dit baie te debateer nie.

Dit is ook belangrik om te erken dat ons as Christene slegs twee opsies het om oor homoseksualiteit te dink:

  1. Dit is sonde: Omdat ’n wedergebore Christen dood is vir alle sonde is dit nie ’n aanvaarbare leefstyl nie (kyk Die Bybel oor sonde).
  2. Dit is nie sonde nie: Dus is dit ’n aanvaarbare leefstyl, maar dan moet ’n mens ’n manier kry om die vyf dele in die Bybel (kyk hieronder) oor homoseksualiteit anders te interpreteer.

Maar eers ’n paar definisies:

1. Definisies

Eers ’n paar definisies:

  • Homoseksualiteit: Die naam vir die onderwerp. Kan ook “selfdegeslagaangetrokkenheid” genoem word.
  • Homoseksuele persoon/oriëntering: Mense wat aangetrokke voel tot mense van dieselfde geslag.
  • Homoseks: Seks tussen mense van dieselfde geslag.
  • Homoseksuele verhouding of selfdegeslagverhouding: ’n Verhouding tussen (twee) mense van dieselfde geslag. Die verhouding sluit homoseks in.

Volgens die Bybel is homoseks sonde. ’n Homoseksuele persoon of iemand met ’n homoseksuele oriëntering is nie opsig self sondig nie.

2. Aanhalings

Die volgende is aanhalings wat op homoseksualiteit van toepassing is:

  • “Almost any behaviour begins to look normal if you are exposed to enough of it.” ~ Marshall Kirk & Hunter Madsen
  • “Homosexuality is a condition; gay and lesbian is a decision.” ~ Father Benedict Groeschel
  • “People drift along from generation to generation, and the morally unthinkable becomes thinkable as the years move on”. ~ Francis Schaeffer
  • “We ignore the complete cultural implications of our faith and then we’re shocked by the state of the culture.” ~ Charles Colson
  • “None of these great civil rights leaders ever advocated for same-sex marriage as a fundamental human right because it isn’t a fundamental human right.” ~ Glen Stanton & Bill Maier
  • “The traditional family has never faced as great a threat as it does today from same-sex marriage. The goal of the homosexual agenda is to bury the traditional family.” ~ Mathew D. Staver

*****************

Om homoseksuele neigings te hê is nie noodwendig sonde is nie, maar wel om dit uit te leef. ’n Mens kan hierdie vergelyk met mense wat ’n drankprobleem het of ’n oordrewe seksdrang na die teenoorgestelde geslag. So het ons elkeen maar seker ons swak punte. Maar net omdat iemand ’n begeerte het, beteken nie dat hulle mag toegee daaraan nie. Die feit dat jy ’n begeerte het, maak dit egter nie sonde nie, maar eers wanneer jy toegee daaraan. Hou egter altyd Matteus 5:27-29 ingedagte.

Kyk ook Aanhalings – Homoseksualiteit.

3. Wat sê die Bybel

Wanneer die Bybel eenvoudig gelees word (wanneer die voor die handliggende interpretasie geneem word), is dit baie duidelik dat die Bybel homoseksualiteit op ten minste vyf plekke in die Bybel veroordeel. Daar is mense wat sê dat die Bybel op sewe plekke na homoseksualiteit verwys en daarom lys ek hierdie sewe gedeeltes:

  1. Genesis 19:5-7: (5)Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle hê.” (6)Toe het Lot na die mans van Sodom toe uitgegaan. Nadat hy die deur agter hom gesluit het, (7)het hy gesê: “Nee, vriende! Moenie so ’n verkeerde ding doen nie. (Hierdie kan egter geïnterpreteer word as verkragting en nie homoseksuele verhoudinge nie, maar hierdie word genoem in Wat sê die Bybel…regtig? Verder word die woord “sodomie” vandag algemeen gebruik om na nie-reproduktiewe seks te verwys, met ander woorde homoseksualiteit ingesluit.)
  2. Levitikus 18:22: Jy mag nie ’n homoseksuele verhouding hê nie. Dit is ’n afstootlike sonde. (Let daarop dat feitlik ál die voorskrifte in Levitikus 18 vandag nog net so geldig is.
  3. Levitikus 20:13: Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen ’n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
  4. Rigters 19:22: Net toe hulle begin vrolik raak, omsingel ’n klomp straatboewe van die stad die huis en hulle slaan op die deur. Hulle sê toe vir die ou man aan wie die huis behoort: “Bring uit die man wat in jou huis gekom het. Ons wil geslagsgemeenskap met hom hê.” (Net soos Genesis 19:5 hierbo kan hierdie eerder geïnterpreteer word as verkragting en nie as homoseks nie.)
  5. Romeine 1:27: Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.[1]
  6. 1 Korintiërs 6:9-10: (9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. (Kyk ook Hou op om julleself te bluf.)
  7. 1 Timoteus 1:9-10: (9)’n Mens moet onthou dat die wet nie vir die wetsgehoorsame bedoel is nie, maar vir mense wat hulle nie aan wet en orde steur nie, goddeloses en sondaars, mense sonder eerbied vir wat heilig en gewyd is, dié wat vader of moeder doodmaak, moordenaars, (10)ontugtiges, mense wat homoseksualiteit beoefen, ontvoerders, leuenaars, dié wat meineed pleeg of enigiets anders doen wat met die gesonde leer in stryd is.

Geen positiewe verwysing

Dit is baie belangrik om te let daarop dat daar nêrens in die Bybel enige positiewe verwysing na homoseksuele verhoudings is nie.

Jesus: Huwelik is tussen man en vrou

Wanneer Jesus in Matteus 19:4-6 na die huwelik verwys, verwys hy na ’n man en vrou: (4)Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? (5)Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ (6)Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.”

Verskillende Bybelvertalings

Verskillende Bybelvertalings gee dieselfde boodskap oor homoseksualiteit. Kyk Verskillende Bybels oor homoseksualiteit en Ontleding van vyf verse in die Bybel oor homoseksualiteit.

Die Bybel is duideliker oor homoseksualiteit as heelwat ander kwessies

Die Bybel is dus baie duidelik oor hierdie saak – selfs duideliker as oor seks voor die huwelik. As ’n mens dus die Bybel anders kan interpreteer op hierdie verse, dan kan jy enigiets in die Bybel interpreteer net soos jy wil en net soos die modes verander. Douglas Kelly, ’n gereformeerde teoloog sê:

“I would simply suggest that to interpret ‘very good’ as including pre-Fall pain, death, etc. is simply inadmissible in terms of proper Hebrew exegesis. If one can turn a word (or two words— tobh me’od) upside down on its head to mean the exact opposite of what it clearly says, the authority of Scripture is a nose of wax to be shaped by the changing culture.”

(Uit Ross–Hovind Debate, John Ankerberg Show, October 2000.)

Hierdie aanhaling is wel van toepassing op dood voor die sondeval, maar mens kan dit ook hierop van toepassing maak.

Daar word soms gesê dat die oorspronklike Hebreeus iets anders bedoel. Maar kon die Bybelvertalers hierdie gedeeltes werklik so verkeerd vertaal het? Die antwoord is “nee”. En dan moet ons baie versigtig wees om dinge wat baie jare gelede opgeskryf is, anders te interpreteer as die mense wat baie nader aan daardie tye geleef het. Ek dink dit is eerder ’n kwessie van modes of sieninge wat verander het wat ’n nuwe Bybelinterpretasie “vereis” (net soos sommige mense Genesis 1-11 anders “interpreteer” omdat die “wetenskap” dit vereis.)

Ek sukkel om te glo dat daar sogenaamde “christen gay paartjies” bestaan. Hoe lees hulle die bogenoemde verse in die Bybel met ’n skoon gewete? Ware liefde vir God is gehoorsaamheid aan Hom. Vandag het dit net te eenvoudig geword om sonde te aanvaar.

God sê nie net dat homoseksualiteit sonde is nie, maar gebruik woorde soos: “afstootlike sonde”, “afskuwelike sonde”, “skandelikhede” en “perversiteit”.

Ons kan dit (net soos enigiets anders in die Bybel) nie net ignoreer nie – kyk Openbaring 22:18-19.

’n Mens kan nie hierdie vergelyk met 1 Korintiërs 11 waar Paulus sê vroue moet hoede kerk toe dra en dit afmaak as nie meer van toepassing op ons vandag nie. Kyk Vrouens en Hoede vir meer hieroor.

Dit is ook duidelik dat die Bybel dit nie slegs noem om losse sedes te veroordeel nie. Dit gaan duidelik oor seksuele verhoudings tussen mense van dieselfde geslag – maak nie saak of die twee getrou aan mekaar is of nie (promiskuïteit).

God het (en sal) ook nie sy siening verander hieroor nie. Ons weet dat God nog altyd dieselfde was en is en sal wees (kyk Die Bybel oor God se onveranderlikheid)

Sommige mense redeneer dat daar homoseksualiteit tussen diere is en daarom is dit ’n natuurlike verskynsel. Maar diere loop ook kaal rond, het seks in die openbaar en ook met meer as een verskillende dier. Ons kan duidelik nie in hierdie geval na die diere kyk om ons te help hoe om die Bybel te interpreteer nie.

Veronderstel dit ís ’n sonde om ’n homoseksuele verhouding te hê, hoe moet die Bybel dit duideliker stel as tans?

Homoseksualiteit nie in die 10 gebooie nie

Sommige mense wil redeneer dat homoseksualiteit nie in die 10 gebooie in Eksodus 20 aangespreek word nie en daarom kan ’n mens nie noodwendig sê dat dit verkeerd is nie. Maar pedofilie en bestialiteit (seks met diere) word ook nie in die 10 gebooie bespreek nie en ek dink nie daar is kwessies hieroor nie. Soos seks met diere, was ’n homoseksuele verhouding nooit deur God bedoel nie. Beide hierdie sal onder die sewende gebod (jy mag nie egbreek pleeg nie) val, net soos voorhuwelikse seks ook.

4. Moderne homoseksualiteit ’n nuwe verskynsel

alt

Daar is mense wat beweer dat homoseksualiteit soos ons dit vandag ken ’n nuwe verskynsel is. Dus, wat die Bybel oor homoseksualiteit sê is nie van toepassing op hierdie nuwe homoseksuele verskynsel nie.

Dit is hoegenaamd nie waar nie. Eerstens sou ek graag die bewys vir hierdie stelling wou sien. Tweedens is daar baie antieke kuns wat homoseksualiteit uitbeeld wat hierdie stelling weerlê (kyk bv prentjie aan regterkant).

Kyk ook Was daar liefdevolle, homoseksuele verhoudings in Bybelse tye?

5. So gebore?

Word ’n mens homoseksueel gebore? Hierdie vraag word spesifiek in Word jy gay gebore? beantwoord, maar hier is die kort antwoord:

1. Irrelevant

Selfs al word mens homoseksueel gebore, kan morele waardes nie beïnvloed word deur biologiese afwykings nie – as iemand bv ’n geen het om ander mense dood te maak, kan ’n mens dit tog nie toelaat nie (kyk Hermaphrodites and homosexuality).

2. Ja

Ja, homoseksuele mense word so gebore, net soos ander mense gebore word om geneig is om ander sonde te doen wat hulle op ’n daaglikse basis moet weerstaan.

3. Nee

Nee, ’n mens word nie so gebore nie, want daar is baie voorbeelde van homoseksuele wat genees is daarvan (kyk Voorbeelde van mense wat genees is van homoseksualiteit).

Verder toon die nuutste wetenskaplike navorsing dat ’n mens nie so gebore word nie. Identiese tweelinge het dieselfde gene of DNS. As homoseksualiteit veroorsaak word deur genetika of voorgeboortelike toestande en een van ’n tweeling is gay, moet die ander een van die tweeling ook gay wees. Maar studies openbaar iets anders: As een van ’n identiese tweeling aangetrokke is tot dieselfde geslag is die kanse dat die ander persoon van die tweeling dit ook het slegs sowat 11% vir mans en 14% vir vroue.

6. Nie ontwerp vir homoseksualiteit

Dit is duidelik dat God nie die menslike liggaam fisiologies ontwerp het vir homoseks nie. Homoseksuele mans moet die rektum gebruik vir homoseks. Die rektum is glad nie ontwerp vir seks nie – die vagina wel.

Vroue moet hulle wend tot “gereedskap”.

Verder kan die mens nie voortplant deur middel van homoseks nie.

Lees ook die volgende vir verdere grusame inligting en statistieke:

Kyk ook Risiko’s van homoseksuele verhoudings.

7. Gaan gepaard met seksuele losbandigheid

Statistiek en ondervinding wys dat homoseksualiteit gewoonlik met seksuele losbandigheid gepaard gaan. Kyk bv:

8. Kinders van gay paartjies

Sommige kinders van gay paartjies is glad nie ten gunste daarvan dat kinders by gay-paartjies bly nie. Kyk Gay couples’ children oppose same-sex marriage, tell of unpleasant upbringings. Kyk ook Gay-huwelike in kinders se belang?.

9. Selibaat leef?

Die vraag is: kan ’n mens dan van daardie mense verwag om selibaat te leef? Ek is bevrees die antwoord is “ja”. Daar is wel homoseksuele mans wat gelukkig getroud is met vroue (kyk My man is (nie) gay: Getroude mans aangetrokke tot ander mans), maar as ’n persoon dan nooit tot die punt kom om op persone van die ander geslag verlief te raak nie, dan moet ’n mens uit respek vir God en Sy Woord selibaat bly.

Is dit baie gevra? Nee.

  • Daar word van alle ongetroue heterseksuele mense verwag om selibaat te bly (kyk Die Bybel oor seks voor die huwelik). Skoliere en studente is op die piek van hulle seksuele ontwikkeling, maar niemand redeneer dat hulle van tyd tot tyd met ’n meisie of ’n prostituut kan slaap omdat hulle seksuele begeertes het nie. ’n Mens kan redeneer dat hierdie mense ten minste die vooruitsig het om te trou. Dit is waar, maar daardie vooruitsig help nie om die begeertes wat hulle op daardie stadium het te verminder nie. Hulle sit steeds met die drange.
  • ’n Persoon binne ’n huwelik wat seksueel gefrustreerd is, het nie die reg om seksueel met iemand anders te verkeer met die verskoning dat hy/sy nie seksueel bevredig word deur sy/haar huweliksmaat nie.
  • Daar is baie ander mense wat omstandighede het wat maak dat hulle nooit trou nie, soos mense wat blind of verlam is (of selfs onaantreklik). Daar is ook baie mense wat baie graag wil trou, maar nooit die regte persoon ontmoet nie. Dit is interessant dat die Bybel dit op twee plekke eintlik aanmoedig om nie te trou nie sodat ’n mens meer op God se Koninkryk kan fokus:
    • Soos Paulus in 1 Korintiërs 7:24-40 sê. (Nie dat ’n mens enigsins hieruit kan aflei dat Paulus homoseksueel was nie, soos sekere mense wil beweer).
    • En ook Jesus self in Matteus 19:11-12.

Dus kan ’n homoseksuele persoon dit as baie positief sien om nooit te trou nie sodat so ’n persoon sy volle aandag aan God se werk kan gee.

Gaan dit maklik wees om selibaat te bly? Nie noodwendig nie. Hebreërs 12 is hier van toepassing:

(4) Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie.
(9) Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie?
(10) Ons vaders het ons wel ’n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel.
(11) Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.
(12) Versterk daarom die slap hande en die lam knieë
(13) en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.

Ook:

1 Johannes 5:

(3) Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie,
(4) want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.

Wat as God ons vra om alles prys te gee om Hom te volg? Jesus het in geen onduidelike terme gesê dat ons bereid moet wees om alles prys te gee om Hom te volg nie. Kyk bv:

  • Lukas 9 : (23) Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
  • Lukas 9 : (57) Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” (58) Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ’n rusplek vir sy kop nie.” (59) Aan ’n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.” (60) Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.” (61) Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.” (62) Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”
  • Lukas 14 : (26) “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. (27) Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. (28) “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? (29) Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. (30) Hulle sal sê: ‘Hier is ’n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’ (31) “Of watter koning wat met ’n ander koning in ’n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? (32) Anders stuur hy ’n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is. (33) “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
  • Matteus 19:16-30 : Hierdie gedeelte handel oor die ryk jongman wat Jesus wou volg, maar wat nie van sy rykdom afstand wou doen nie.

10. Homoseksuele optrede

Sommige homoseksuele mense is uiters arrogant en misbruik soms hulle situasie: hulle val soms die kerk aan omdat die kerk hulle kwansuis nie aanvaar nie en vra maar net vir hulle plekkie in die son. Hulle kry hulleself vreeslik jammer dat hulle so verontreg word en is dikwels arrogant deur bv die kerk hof toe te sleep. Neem nou maar bv die saak van Johan Strydom: hy het Moreletapark gemeente gedagvaar omdat hulle hom afgedank het omdat hy ’n uitgesproke gay is. Kyk bv:

In Oktober 2009 dagvaar hy weer die tydskrif Juig! oor ’n artikel dat homoseksuele mense genees kan word van ’n homoseksuele oriëntasie. Kyk:

En ook die 11 wat die NG Kerk hof toe gesleep het oor homoseksualiteit (kyk Om met die kerk hof toe te gaan).

Hierdie tipe optrede is nie die karakter wat Jesus aan ons openbaar het nie.

11. Benadering tot die homoseksuele persoon

Die benadering tot enige sondaar is die Matteus 18-pad. Nou dit is seker waar dat sommige kerke die ding verkeerd hanteer het – sommige kerke het hulle miskien nie soos drankverslaafdes of mense met oorgestimuleerde seksdrange na die teenoorgestelde geslag hanteer nie (veroordeel die daad met liefde), maar oor die algemeen voel ek dat die kerk baie geduldig was/is met hierdie mense. Ek weet egter dat dit maklik is om te praat vir mense wat nie met so ’n probleem sit nie, maar dit is wat die Bybel ons leer. Vir die regte benadering tot die homoseksuele persoon, kyk ds Gideon Aggenbag se kommentaar op Diversiteitsforum op 2010-07-04 of die boek, Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, bl 68 onder “Benadering tot die homoseksuele persoon“.

Kyk ook When Two Lesbians Walk Into a Church Seeking Trouble of What Happened at Gateway Church In Austin When Two Lesbians Walked In wat vertel hoe Amy en haar lesbiese vriendin na die Gateway kerk in Austin gegaan het om reaksie uit te lok. Stom was haar verbasing toe sy nie veroordeling ervaar het nie, maar liefde. Dit het op die ou einde veroorsaak dat sy tot bekering gekom het en genees is van haar homoseksualiteit. Haar homoseksualiteit was ook hoogs waarskynlik ’n gevolg van ervarings wat sy gehad het in haar kinderjare, wat weer bewys dat ’n mens nie so gebore word nie.

Kyk ook voetnota [2].

Hoe benader ’n mens ’n persoon wat beweer dat hy ’n Christen is, maar in ’n homoseksuele verhouding is? Om hierdie vraag te beantwoord, kyk Kan ons beweerde Christen gays veroordeel? en Wat van gay kerke?

12. Verskil tussen homoseksuele en heteroseksuele mense wat homoseksualiteit beoefen?

Daar is mense, soos Adrio König, wat redeneer dat daar ’n verskil is tussen homoseksuele mense wat homoseksualiteit beoefen en heteroseksuele mense wat homoseksualiteit beoefen. Hulle beweer dat eersgenoemde nie sonde is nie terwyl laasgenoemde wel sonde is. Die argument wat sulke persone gebruik is dat Romeine 1:27 spesifiek noem van reedsgetroude mans en vroue wat homoseksualiteit beoefen en ook Genesis 19:5-7. Hulle beweer dat dit die enigste plekke in die Bybel is wat ’n definisie gee van wat die Bybel bedoel dat homoseks sonde is en dat die ander 4 dele in die Bybel, waar homoseksualiteit genoem word, ook so geïnterpreteer moet word. Daar is egter ’n paar probleme met hierdie siening:

  • Hoe het dit gebeur dat mense onder die “wan”-indruk gekom het dat alle homoseks verkeerd is en nie net homoseks tussen heteroseksueles nie? Die kerk het immers nog altyd geglo dat alle homoseks sonde is. Dit is eers onlangs wat hierdie bevraagteken is.
  • Sou mense volgens Levitikus 18:22 en 20:13 geweet het dat homoseks tussen homoseksueles nie sonde is nie, maar dat dit wel sonde is as heterseksueles homoseksualiteit beoefen? Ek dink nie so nie. ’n Mens kan glad nie hierdie afleiding uit Lev 18 en 20 maak nie. Die implikasie is dat mense vir ongeveer 1550 jaar (die uittog uit Egipte was 1491 vC en Paulus was ’n Christen van 35 tot 66 nC – 1491+59=1550) onder ’n wanindruk geleef het.
  • Die Bybel praat net negatief van homoseksualiteit. Nêrens praat die Bybel van gesonde homoseksuele huwelike/verhoudings wat tot eer van God is nie.
  • Dit is onseker of mens iets oor homoseksualiteit kan aflei uit Genesis 19:5-7 omdat daar van verkragting gepraat word – nie die beoefening van homoseksualiteit tussen heteroseksueles nie.
  • Romeine 1:27 praat inderdaad van homoseks tussen heteroseksueles, maar ’n mens kan nie hieruit aflei dat dit ook die geval is in die ander 4 verwysings in die Bybel nie. Romeine 1 gee nie ’n definisie van wat homoseksualiteit is nie – dit skets bloot ’n scenario. Al wat jy hieruit kan aflei is dat homoseks tussen heteroseksuele persone verkeerd is.

Volgens die 6 gedeeltes oor homoseksualiteit in die Bybel is die duidelike gevolgtrekking dat die Bybel teen die beoefening van alle homoseksualiteit is, of dit tussen homoseksueles of heteroseksueles is.

13. Voorbeelde van mense wat genees is van homoseksualiteit

In Getuienisse van voorheen gay mense word ’n lys gegee van voorbeelde van homoseksuele mense wat genees is van homoseksualiteit. Let daarop dat in baie gevalle daar ’n geskiedenis van een of ander aard was. Die feit dat soveel homoseksuele mense genees word van homoseksualiteit is ook ’n bewys dat ’n mens nie so gebore word nie. Kyk ook Former Homosexuals do Exist in South Africa.

As jy ook die begeerte het om bevry te word van homoseksualiteit en jy het hulp nodig daarmee, kontak gerus New Living way Ministries – Caring for Gays.

14. Opsomming

Die Bybel in Praktyk, 1993 sê die volgende oor Romeine 1:27 en is eintlik ’n baie goeie opsomming van hierdie hele kwessie:

“Paulus noem hier twee voorbeelde van wat die uiteinde is as die mens aan homself oorgelaat word, naamlik homoseksuele en lesbiese verhoudings. In die destydse samelewings het homoseksualiteit hoogty gevier, en is dit selfs as lofwaardig beskou. Daar is deesdae al meer voorstanders van die gedagte dat homoseksualiteit ’n aanvaarbare alternatiewe lewenswyse moet wees, en dat dit aan die vrye keuse van elke individu oorgelaat moet word. Dit is egter uit die Bybel duidelik dat iemand wat vrye teuels aan homoseksuele neigings gee, sonde doen (vgl Lev 18:22; 1 Kor 6:9-11). Uit Romeine 1:24-32 blyk dit dat net mense wat God nie erken nie, hulle natuurlike geaardheid die maatstaf maak vir wat vir hulle aanvaarbaar is en wat nie. Die Here gee ons juis opdrag om dit wat ons van nature wil doen, eers te toets aan wat Hy wil hê, en as dit die toets nie slaag nie, mag mens nie daaraan toegee nie. As jy dus ongeoorloofde seksuele begeertes het, moet jy weerstand daarteen bied. Bly weg van mense, plekke en situasies wat jou in die versoeking gaan bring. Moenie jou eie krag oorskat nie.
As jy iemand is wat in hierdie opsig gesondig het, weet dat ons Here seksuele sondes net soos enige ander sondes vergewe. Neem sy liefdevolle genade aan en vra Hom om vir jou te wys hoe om van die sonde los te kom en in Hom vry te word. Gebed, Bybelstudie en sterk persoonlike bande met ander opregte gelowiges kan jou in staat stel om te breek met die sondige praktyk. Moet ook nie huiwer om by ’n betroubare professionele persoon soos ’n pastorale sielkundige om hulp te gaan aanklop nie. Dit kan die wyse wees waarop God jou wil verlos van jou verslawing aan hierdie sondige seksuele praktyk.”

15. Kyk ook

16. Voetnotas

[1] Kyk wat die Bybel in Praktyk sê oor Romeine 1:27 onder “Opsomming“.

[2] Kyk ook Homosexuality in the Family en Ex-Lesbian Christian Proposes ‘Radical Way of Reaching Out’ to LGBTs.

5 thoughts on “Die Bybel oor homoseksualiteit”

  1. Ek het agter gekom dat my 13 jarige seun na “gay porn” kyk. Ek het ’n diep dog rustige gesprek met hom hieroor gehad. Hy het erken dat hy eerder ’n “boyfriend” as ’n “girlfriend” wil hê. Wat ’n skok….. Ek is ’n enkel Ma. Help asb…. Wat doen ek nou?

  2. Hierdie is een BAIE insiggewende artikel, dankie daarvoor. Ek wil wel op een punt verskil. Daar word baie verwys na genesing van homoseksualiteit. Homoseksualiteit is nie ’n siekte nie, dis ’n kondisie soos in die artikel genoem word. Mens word nie genees van homoseksualiteit nie, jy word verlos van dit en as ’n wedergeborene weet ons dat ons verlossing van Jesus alleen kom. Jou vergelyking van homoseksualiteit teenoor ’n drankverslaafde is ’n goeie een in die sin dat ’n drank verslaafde wat wel ophou drink het, nogsteeds die begeertes het om weer te drink. Hoe langer hulle van drank af wegbly hoe minder smag hulle daarna. Selfde met homoseksualiteit, wanneer die drange/begeertes by mens opkom is dit belangrik om dan jou hulp van God te soek om dit te oorkom. In alle situasies waar jy jouself bevind, soek allereers die Koningkryk van God.

  3. Homo-seksualiteit is nie n moderne afwykende vleeslike begeertes nie.God het die seksuele begeerte in die mens geplaas sodat sy Genesis opdrag vervul kan word,naamlik,wees vrugbaar en vul die aarde.
    Maar Satan wat baie kennis oor die mens het sal aanhou poog om natuurlike seksuele begeertes in Afgodsdiens te verander,naamlik seksaanbidding.Paulus lys dan vir n goeie rede Afgodsdiens saam met die seksuele oortredings in 1 Corintiers 6:9.
    Hy sê onder andere vir eerste eeuse Christinne:”Dit is wat sommige van julle was”
    Niemand word homo-seksueel gebore nie,ongeag wat party psigiaters beweer.
    Enige iemand kan een van Satan se slagoffers word onder die volgende omstandighede.Jarelange dekade lange stelselmatige indoktrinasie van film industrie
    ,pornografie,afwesigheid van geestelike dissipline,slegte assosiasie,dwelmmisbruik ens.Homoseksualiteit is dan n verslawing op my verslawing net soos onwyses eers begin met ligte dwelms,soos tabak,marijuana en dan aanbeweeg na kokaïene en heroïen.
    Satan wat intense betrokke is by seksuele perversiteit en geweld is die eerste een in die universeel wat hierdie sonde gepleeg het in die volgende volgorde.
    Eers vermoor Satan vir Adam en Eva en al hul nakomelinge.Jesus het na hom verwys as n moordenaar(Manslayer) en ooreenkomstig Judas vers 6 het Satan en sy engele die geestelike vestings of woonplek verlaat,waarna hulle na uit en uit seksueel perverse verhoudings met mense dogters gehad het wat n Hibrid geslag van reusagtige manne geproduseer het wat nie kon voortplant nie.
    Omdat Satan deur Jesus as die Heerser van die wêreld beskryf word is die wêreld nou in n staat van seksuele perversiteit en Seksaanbidding gedompel.
    Dit was maklik vir Satan om die doelwit te bereik,want hy het onder andere vir Jesus gesê dat al die koningkryke van die wêreld aan hom oorhandig is en hy gee dit aan wie hy wil.So het Nelson Mandela,sy Suid Afrikaanse Agent vir Homos,Lesbians,QUEERS,TRANSVETIETE n grondwetlike platform gegee om hulle veragtelike leefwyse te adverteer en om jong kinders te teiken,wat te verstane die afgelope 30 jaar nie weet of hulle n seun of n meisie is nie.God se woord is absoluut waaragtig ,waar dit sê:Men and imposters will advance from bad to worse.Dit geld vir alle politieke leiers,insluitende ons immorele leiers.Soos Jesus gesê het:Wisdom is vindicated(proved) by it’s children.Kyk na die staat van seksuele geweld.Wanneer n vrou voor haar jong kinders verkrag word en haar jong seun forseer word om sy ma te verkrag,dan is daar demone betrokke.

    Die Sleutel gedagte hier is dit:Professor Denise Ackerman en haar geestelik gesoekte akademiese pallet en politici is nie die werklike vyand nie.Hulle verteenwoordig bloot die man van wetteloosheid wat in God se tempel sit en wat sê:”Wat goed is is sleg en wat sleg is,is goed”Hulle Vader Satan die duiwel is die ware vyand.
    Die enigste manier vir enige sondaar om uit Satan se greep los te breek is om met die hulp van heilige gees :1)n ommekeer in gedrag en houding te maak:2)Opregte berou te toon:3)Werke te toon wat pas by daardie berou:4)en dan vir redding moet alle mense wat God in gees en waarheid soek ,nader trek aan God,waarna hy belowe dat hy nader aan ons sal trek.

  4. Professor Denise Ackerman manipuleer die Goddelike bio-diversiteit waarna in Handelinge 10:34,35 verwys word.
    Die apostel verwys duidelik na verskillende nasies,waarvan individue aanvaarbaar is vir God,solank hulle hom vrees en doen wat reg is
    As bedoelende dat dit verwys na die bio deversiteit van perverse seksuele oriëntasies naamlik,homo,lesbian,queer,trans,Bi-seksueel

    Die vers sê duidelik dat verskillende nasies,mense na God toe kan kom op voorwaarde dat die man van die nasies,God vrees,doen wat reg is,doen wat aanvaarbaar is vir God.
    Waar kry die professor die moed om God in die openbaar te bespot.Sy kan nie sê sy is naïef nie.Sy sit met n string teologiese grade.Ek het professor Ackerman nagevors.
    Sy erken sy is n uit en uit feminis wat in opsig self n sonde is.n Vrou kan nie gehoorsaam wees aan die Hoofskap Reeling in die Christen gemeente en terselfdertyd n feminis wees wat mans ondermyn wat die lyding neem in die Christen gemeente nie.
    Kortliks n vrou kan nie alle mans haat en hulle gedurigdeur in n negatiewe lig stel en dan valslik sê dat sy lig van God het nie

    Die Bybel is duidelik:”diegene wat nie liefhet nie,het God nie leer ken nie”

  5. Ek het vir professor Denise Ackerman gesê dat ek enige bewering verwerp met die strekking dat haar benadering tot die Skrifte,gebaseer is op morele,intellektuele,geestelike integriteit.

    Inteendeel ek bevraagteken die integriteit van haar sogenaamde stelling dat sy werklik n feminis is.Sy is nie eers in hierdie verband eerlik nie,maar eerder oppervlakkig en kwaadwillig vir die volgende rede.Indien sy werklik n feminis is wat oral gelykheid vir vroue en blykbaar ook vir gays soek.Waarom stel sy nie haar absurde,kwaadwillige versoeke aan die beheerliggame van die Muslim geloof nie.Of is sy dalk rassisties in haar strewe vir gelykheid vir vroue en gays

    Of stel al die vrouens en gays net belang in die N.G kerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui